Goeiedag,
Sien asb aangehegde foto van hoe ons
projekte tans op ons debiteure se state lyk.
Die projekte laat ons nie toe om
enige ander informasie as 'n PROJEKNOMMER & NAAM in te sit nie, dan is dit
te veel karakters om netjies op die staat te verskyn.
Ons versoek is egter dat julle asb
dringend hierna vir ons al kyk asseblief?
Ouers weet glad nie waarvoor die
projekte is as ons net 'n projeknommer & naam met hulle deel nie...
Ons sal ekstra plek vir
kontakpersoon/nommer/epos ook wil he en veral 'n plek waar ons dalk 'n kort
beskwyring kan intik vir die ouers waaroor die projek gaan?
As bogenoemde versoek nie moontlik
is nie wil ons vra of iemand asseblief ons DRAFT op die staat waar ons projekte
onderaan verskyn kan aanpas... BV. Die kolom waarin ons projekname staan
bietjie groter maak en die Betaalbaar/Reeds Betaal/Saldo kolomme bietjie
kleiner? Of dalk die lyn waarin die projekname staan bietjie dikker maak en dat
die karakters oorrol in die dikker lyn in.
Groot asseblief - op die stadium
gebruik ons die projekte maar kry nie optimale nut daaruit nie want dit is
onleesbaar vir ouers op hul state.