Die databasis van afwesigheidsredes vir leerders en personeel word hier opgestel. Die standaard afwesigheidsredes is volgens riglyne van die Departement en hoef in teorie nie gewysig te word nie. As redigering nodig is, doen dit slegs vir spelfoute — moet nie die betekenis van 'n rede verander nie (bv. moet nie "Siekte" verander na "Dood in Familie" nie, aangesien verskillende tipes in die agtergrond verskillend hanteer word).
My Skool > Stelsel > Algemeen > Databasisse > Afwesigheids- redes
Daar is drie tipes: Leerders afwesigheid, Leerder verlof en Personeel afwesigheid. Elke tipe word afsonderlik geskep.
Klik op die blou Skep 'n Afwesigheidsrede-knoppie.
Vul die afwesigheidsrede in in beide Afrikaans en Engels.
Dui aan of dit die Standaard afweisgheidsrede moet wees wat op die afwesigheidskerm vertoon word.
Koppel die rede aan 'n geldige SA-SAMS-rede vir korrekte uitvoering na SA-SAMS.
Klik op Voeg by.
Belangrik: Leerders wat nie by die skool moet wees vanweë Covid, 'n rooster of ander redes, moet nie as afwesig gemerk word nie, maar as Leerder Verlof. Dit verseker dat hierdie dae nie by die totale afwesige dae ingereken word nie.
Vul die rede in Afrikaans en Engels in.
Kies Moontlike aanwesigheid: dui aan of hierdie tipe verlof by die totale afwesige dae getel moet word of nie (bv. swangerskap wél, maar "Nie teenwoordig agv rooster" nie).
Klik op die asblikkie links van die betrokke rede, of kies die rede deur op die sirkel te klik en klik dan op Verwyder.
Bevestig u besluit deur op Ja of Nee te klik.
SA-SAMS vereis spesifieke redes vir die uitvoer van afwesigheidsdata na die Departement. Sonder die korrekte SA-SAMS-koppeling sal die uitvoer foutiewe of ontbrekende data bevat.
Dit is moontlik, maar word nie aanbeveel nie. Die standaard redes is departementeel goedgekeur. Verwydering kan veroorsaak dat afwesighede nie meer korrek na SA-SAMS uitvoer nie.
Gebruik Leerder Verlof wanneer 'n leerder wettig nie by die skool hoef te wees nie (bv. Covid-protokol, rooster of ander goedgekeurde redes). Dit verhoed dat sulke dae as afwesige dae by die departementele totaal gereken word.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 4.1