Die Kriteria Opstelling laat u toe om reëls te skep wat bepaal watter leerders vir 'n prestasie kwalifiseer. Formules word visueel opgestel deur komponente van regs na die formule-veld te sleep.
My Skool > Prestasies > Databasisse > Akademiese Kriteria
Volg hierdie opstelvolgorde: 1. Funksies, 2. Veranderlikes, 3. Wysigers (opsioneel)
Sleep 'n Logika-veld op die rooi blok.
Sleep PosisieinGraad en dan Gemiddeld by.
Voeg Kwartaal 1, 2 en 3 as veranderlikes in.
Stel waarde 2 op 10 en toets die formule.
Klik die toets-knoppie. Die stelsel wys 'n lys leerders wat aan die kriteria voldoen.
Laas opgedateer: April 2026 | Weergawe 4.0