Hoe om debiteure rekeningstate te genereer

Hoe om debiteure rekeningstate te genereer

Elke leerder het 'n rekenpligtige. Slegs een rekening word per rekenpligtige gedruk. As twee leerders van 'n familie bv. aan die Pa as rekenpligtige gekoppel is, ontvang die Pa een staat met albei leerders op.

Finansies > Debiteure > Rekeningstate

Hoe stel ek die staat op?

  1. Kies hoe u state wil druk of e-pos.
  2. Kies die staatdatum.
  3. Kies die tipe debiteur: Skool debiteure, Invorderaar of Ander debiteur.
  4. Kies watter rekeninge ingesluit moet word.
  5. Stel alle drukopsies in (faktuurdetail, transaksieallokasie, taal, projekte, ens.).