Formule Berekeningstaat

Formule Berekeningstaat

Die Formule Berekeningstaat wys die volledige berekeningsanalise van die promosiepunt soos opgestel in die templaatformule of vak-spesifieke formule.

Verslae > Leerders > Punte en Prestasies:  Formule Berekeningstaat

Hoe genereer ek die verslag?

  1. Kies die jaar, formuletipe, graad en leerders.

  2. Kies die vakke en dra hulle oor na die regterkantste blok.

  3. Klik Genereer verslag.

Belangrike inligting

Indien geen data beskikbaar is vir 'n graad nie, is die templaatformules nog nie opgestel nie. Stel dit op by My Skool > Stelsel > Kurrikulum > Jaareind Formules.

Gereelde vrae

Waarom is sommige blokkies uitgegrys?

Dit dui aan dat punte nie ingelees is vir daardie assessering of leerder nie.

Laas opgedateer: April 2026 | Weergawe 2.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.