Leerder afwesighede word vir verskeie doeleindes gebruik: bywoning statistieke aan die Departement, dae afwesig op rapporte, aansporings vir 100%-teenwoordigheid, en sertifikate. Akkurate invoer is belangrik aangesien dit baie ander prosesse beïnvloed.
My Skool > Mense > Leerders > Teenwoordigheid: Afwesighede
Beste praktyk: Verseker dat die kwartale en vakansiedae reg opgestel is voordat jy afwesighede begin insleutel.
Gebruik die Excel-knoppie om data uit te voer, of die Excel Verslae-knoppie vir verskeie bywoning verslae.
Klik op Laai afwesighede om nuwe afwesighede in te voer.
Afwesighede kan per Registerklas, per Leerder of per Huissportspanne ingelees word. Kies dan op die registerklas deur die sirkel langs die klas te klik en op die kies knoppie te klik (of klik direk op die blou ook-ikoon knoppie langs die klas).
Kies enige skooldag van die week.
Kies of alle leerders of slegs afwesige leerders vertoon moet word.
Klik Gaan voort.
Kies die leerder by die kieslys Kies 'n leerder.
Klik op die blokkie(s) vir die dag(e) waarop die leerder afwesig was. 'n Regmerkie verskyn in die blokkie.
Kies die rede van afwesigheid van die kieslys.
Kies watter ouer(s) 'n SMS moet ontvang (Ouer 1, Ouer 2 of beide), indien van toepassing.
Vir meer as een afwesige leerder, klik Voeg lyn by.
Om 'n foutiewe lyn te verwyder, merk die tikkassie langs die lyntjienommer en klik Vee lyne uit.
Klik Gaan voort om die data te stoor.
As die stelsel opgestel is om SMS-boodskappe vir afwesighede te stuur, word 'n kommunikasietaak geskep vir die gebruiker.
Gaan na My Skool > Stelsel > Algemeen > Skool Opstelling: Afwesighede Inligting. Hier kies jy of Ouer 1, Ouer 2 'n SMS moet ontvang wanneer 'n afwesigheid ingelees word.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 3.0