Die Departement van Onderwys vereis dat leerder afwesighede elke dag bevestig word om te verseker dat die inlees van afwesighede voltooi is. Die stelsel wys 'n taak vir die registerklas onderwyser indien die dag se afwesighede nog nie bevestig is nie.
Let wel: Verwys na die Gebruikerregte-afdeling onderaan vir die toepaslike regte wat benodig word vir afwesigheids- en doen-en-late funksies.
My Skool > Mense > Leerders > Teenwoordigheid: Teenwoordigheid Bevestigings
Kies die Jaar, Graad, Status en die gekose datum.
Alle onbevestigde klasse met die aantal afwesighede verskyn op die lys. Klik op die aantal om die ingelese afwesighede vir die dag te sien of te verander (die skerm wys alle afwesighede vir die week).
Klik op die Nee onder bevestig kolom, om die kies blokkie sigbaar te maak.
Stoor veranderinge.
Klik Bevestig alles om alle onbevestigde klasse gelyktydig vir 'n gekose dag te bevestig.
Waarskuwing: Sodra afwesighede bevestig is, kan inskrywings nie meer verwyder of verander word nie, tensy 'n gebruiker met Bevestigingsregte die dag onbevestig.
My Skool > Mense > Leerders > Teenwoordigheid Bevestigings
Kies die Graad, Status en Registerklas vir die datum.
Klik op die bevestigde klas se ry om die kliekboksie te wys om alle inskrywings vir die dag te onbevestig.
Stoor veranderinge.
My Skool > Mense: Leerders > Teenwoordighede: Afwesighede
Klek op Laai Afwesighede.
Lees afwesighede in per Registerklas of per Leerder.
Kies die datum van die Maandag van die week waarvoor jy wil inlees.
Kies Ja om alle leerders te wys of Nee om 'n enkele leerder via 'n lyn by te voeg.
Registerklas onderwysers kan afwesigheids inskrywings byvoeg en vir hulle eie klas bevestig sonder bykomende gebruikerregte.
Indien SMS boodskappe vir afwesighede opgestel is, skep die stelsel outomaties SMS'e vir die betrokke ouers maar dit word nie direk gestuur nie. Gaan na My Tuiste > My Inligting > My Take > Kommunikasie Take om die afwesigheids-SMS'e vry te stel. Sekere SMS'e kan voor vrystelling verwyder word.
My Skool > Mense > Leerders > Teenwoordigheid: Afwesighede
Klik die blou asblik-ikoon langs die inskrywing om dit te verwyder.
Indien die blou asblik-ikoon nie wys nie, is die inskrywing reeds bevestig. 'n Gebruiker met Leerder Teenwoordigheids Bevestigingsregte moet die dag eers onbevestig voordat die inskrywing verwyder kan word.
Let wel: Afwesighede kan ook ingelees word via My Skool > Leerders > Doen-en-Late. Soek die leerder se naam.
1.3.2 Leerder Afwesighede: Kan nuwe afwesigheids inskrywings byvoeg en verwyder vir klasse/datums wat nog nie bevestig is nie. Registerklas onderwysers sonder hierdie reg kan steeds afwesighede byvoeg/verwyder vir hulle eie klas (onbevestig) en hulle eie klas se teenwoordigheid bevestig op die huidige datum.
1.3.3 Leerder Teenwoordigheids Bevestigingsregte: Kan afwesigheids inskrywings bevestig/onbevestig en bevestigde inskrywings verwyder.
3.2 Leerder Dissipline regte (vir Doen-en-Late): Benodig vir skole wat laatkoms koppel aan dissipline inskrywings by My Skool > Mense > Leerders > Teenwoordighede: Doen-en-Late.
Twee moontlike redes: (1) Termyne is nie reg opgestel nie — afwesighede kan slegs ingelees word vir 'n vasgestelde termyn. Gaan na My Skool > Algemeen > Termyne om dit reg te stel. (2) Die dag se afwesighede is reeds bevestig — 'n gebruiker met Bevestigingsregte moet die dag onbevestig om veranderinge toe te laat.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 2.0