Hoe om prestasies op te stel en te bestuur

Hoe om prestasies op te stel en te bestuur

Prestasies is die items waarvoor leerders erkennings/toekennings ontvang. Hierdie word gegroepeer onder Skool Aktiwiteite soos Akademie, Tennis en Leierskap. Tipiese prestasies sluit in: Top 10 per vak1ste spankapteinhoofseun.

My Skool > Prestasies > Databasisse >  Prestasies & Bewoording

Die lys kan volgens status gefilteer word: Aktief, Onaktief en/of Verwyder.

Hoe skep ek 'n nuwe Prestasie?

  1. Kies die relevante Skool Kategorie en Aktiwiteit.

  2. Klik + Skep Nuwe. Die eerste drie velde behoort vooraf ingevul te wees. Indien nie, maak die skerm toe en weer oop.

  3. Vir die Akademiese Kategorie moet die Prestasie Kriteria gekies word. Hierdie kriteria-reëls gebruik leerder se punte om prestasies outomaties te allokeer.

  4. Kies 'n Borg indien die borgnaam op die sertifikaat gedruk moet word.

  5. Tik die Prestasienaam in beide Afrikaans en Engels. Hierdie naam druk op die sertifikaat, onder die Aktiwiteit.

  6. Kies die sertifikaattemplaat wat aan die prestasie gekoppel gaan wees.

  7. Kies asof die status van die prestasie aktief, onaktief of geskrap is.

  8. Klik die Prestasie-knoppie om dit by die Afrikaanse teks blok te voeg. Klik Achievement vir die Engelse teks blok. Addisionele velde soos Vak of Opsionele resultate kan ook bygevoeg word.

  • Let wel: Die teksblokopstelling moet herhaal word vir beide die Afrikaanse en Engelse teksblokke, selfs as u beplan om slegs in een taal te druk.

  • Beste manier: Voeg slegs die Prestasies en Opsionele resultate-knoppies by die teks blok. Formateer die teks soos dit op die sertifikaat moet verskyn. Die res word tydens die Sertifikaat Templaat-proses opgestel.

  • Klik Stoor. Prestasies wat in helder pienk verskyn, is nog nie aan 'n sertifikaat-template gekoppel nie. Verwys na die Sertifikaat Template-artikel vir instruksies.

  • Belangrik: Indien enige inligting in 'n prestasie na allocering geredigeer word, moet die nuwe formaat her-allokeer word by My Skool > Prestasies > Toekenning > Outomatiese Akademiese Toekennings sodat die veranderinge korrek op die sertifikaat verskyn.

Hoe redigeer of verwyder ek 'n Prestasie?

  1. Kies die relevante Skool Aktiwiteit Kategorie.

  2. Dubbel-klik die gekose Prestasie in die relevante Kategorie en Aktiwiteit of klik op de gekose Prestasie en selekteer "Wysig".

  3. Redigeer inligting soos nodig.

  4. Om 'n Prestasie te verwyder, merk die status as Onaktief of Geskrap. Enige onaktiewe status kan later weer geaktiveer word.

Gereelde vrae

Hoekom verskyn sommige prestasies in helder pienk?

Helder pienk dui aan dat die prestasie nog nie aan 'n sertifikaat-template gekoppel is nie. Verwys na die Sertifikaat Template-artikel om die opstelling te voltooi.

Wat gebeur as ek 'n prestasie redigeer nadat dit geallokeer is?

U moet die prestasie her-allokeer by My Skool > Prestasies > Toekenning > Outomatiese Akademiese Toekennings. Sonder her-allokering sal die opgedateerde inligting nie op die sertifikaat verskyn nie.

Moet ek beide Afrikaans en Engels teks blokke opstel?

Ja. Beide teksblokke moet opgestel word, selfs as u slegs in een taal druk, om te verseker dat die sertifikaat korrek gegenereer word.

Laas opgedateer: Maart 2026  |  Weergawe 2.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Hoe om poging-graderings op te stel en te gebruik

      Poging-graderings is addisionele graderingskale of simbole wat saam met akademiese punte gebruik word om 'n leerder se inset, gedrag of vordering te evalueer. Hierdie graderings verskyn op rapporte as 'n aparte kolom langs die vakpunte en bied 'n ...
    • Hoe om leerder dissipline en erkennings te bestuur

      Die Dissipline-module stel personeel met die nodige regte in staat om beide oortredings (negatiewe inskrywings) en erkennings (positiewe prestasies) aan te teken. Hierdie gesentraliseerde dopstelsel verseker 'n deursigtige rekord van leerdergedrag ...
    • Hoe om akademiese kriteria op te stel

      Die Akademiese Kriteria-funksie word gebruik om sertifikaatreëls op te stel volgens u eie kriteria. My Skool > Prestasies > Databasisse > Akademiese Kriteria Hoe voeg ek nuwe kriteria by? Klik Skep nuwe. Tik die reëlnaam in Afrikaans en Engels in. ...
    • Hoe om kurrikulum opmerkings op te stel en te bestuur

      Die Opmerkings-module laat jou toe om opmerkings te skep wat op rapporte verskyn. Opmerkings kan op groepvlak of individueel per leerder geskep word. My Skool > Stelsel > Kurrikulum > Databasisse > Stel Opmerkings op Watter tipes opmerkings is ...
    • Hoe om personeel te bestuur

      Die Personeelbestuur-module dien as die sentrale databasis vir alle skoolpersoneel. My Skool > Mense > Personeel > Personeel Hoe laai ek 'n personeellid op die stelsel? Klik Laai personeellid en voltooi alle verpligte afdelings: Personeelinligting, ...