Hoe om Vakansiedae op te stel

Hoe om Vakansiedae op te stel

Die stelsel maak outomaties voorsiening vir nasionale publieke vakansiedae. Vakansiedae help met statistiese verslagdoening oor teenwoordighede en verhoed dat afwesighede per ongeluk op 'n vakansiedag ingesleutel word. Indien 'n nasionale vakansiedag op 'n Sondag val, verskuif die stelsel dit outomaties na die Maandag.

My Skool > Stelsel  >  Algemeen > Jaarlikse Kalender:  Vakansiedae

Hoe voeg ek 'n vakansiedag by?

  1. Klik Laai 'n vakansiedag.

  2. Kies die Vakansiedag tipe: eenmalig (slegs vir een kalenderjaar), jaarliks of skoolvakansiedag eenmalig.

  3. Voer die Datum in en tik die beskrywing in beide Afrikaans en Engels.

  4. Kies of die Maandag 'n vakansiedag is indien die dag op 'n Sondag val.

  5. Klik Voeg by om te stoor.

Hoe redigeer ek 'n vakansiedag?

  1. Klik op die sirkel links van die betrokke vakansiedag en klik Redigeer.

  2. Maak die nodige wysigings en klik Stoor.

Hoe verwyder ek 'n vakansiedag?

Klik op die asblik-ikoon langs die vakansiedag, of kies dit met die sirkel en klik Verwyder. Bevestig met Ja.

Gereelde vrae

Hoe voeg ek 'n ekstra skoolvakansiedag by wat nie op die nasionale lys is nie?

Kies vakansiedag tipe eenmalig of skoolvakansiedag eenmalig om 'n dag by te voeg wat net vir jou skool geld, soos 'n jaarlikse atletiek wyksbyeenkoms.

Laas opgedateer: Maart 2026  |  Weergawe 2.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.