How to set up and manage Doctors

How to set up and manage Doctors

Die Dokters-module stel die skool in staat om 'n databasis van huisdokters te bou en aan leerders en personeel te koppel. Indien 'n dokter se besonderhede opgedateer word, sal dit outomaties vir alle gekoppelde leerders en personeellede geld.

My Skool > Stelsel  >  Algemeen > Databasisse:  Dokters

Hoe voeg ek 'n nuwe dokter by?

  1. Klik op Voeg by.

  2. Tik die naam (aanbevole formaat: Viljoen, AP, Dr.), telefoonnommer en fisiese adres. 

  3. Klik die aanvaar veranderinge-knoppie om te stoor.

Hoe redigeer ek 'n dokter se inligting?

  1. Klik op die betrokke dokter en redigeer die velde soos nodig.

  2. Maak die nodige wysigings en klik die groen Stoor-knoppie.

Hoe verwyder ek 'n dokter?

Klik op die status kolom langs die dokter, en verander die status van Aktief na Onaktief.

Gereelde vrae

Hoekom kan ek nie 'n dokter verwyder nie?

Die stelsel laat nie toe dat 'n dokter verwyder word indien leerders nog aan hom/haar gekoppel is nie. Ontkoppel eers alle leerders van die dokter se profiel deur op die dokter te kliek, en dan onder die Herallokeer kolom, die regte keuse te kies, en dan op aanvaar veranderinge te kliek, daarna kan jy weer op die dokter kliek, en die status na Onaktief verander.

Laas opgedateer: Maart 2026  |  Weergawe 2.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.