Hoe om 'n SA-SAMS databasis op te laai

Hoe om 'n SA-SAMS databasis op te laai

Hierdie funksie laat die gebruiker toe om 'n bestaande SA-SAMS-databasis op die stelsel te laai. Die doel is om inligting wat in SA-SAMS ingelees is, in d6+ te stoor.

Verslae > DOE > SA-SAMS > Laai SA-SAMS databasis op

Hoe laai ek die databasis op?

Nadat u 'n databasis in SA-SAMS ge-deploy het, sal 'n lêer op u rekenaar afgelaai word na een van die volgende liggings:

  • C:\Program Files\EdusolSAMS\Data

  • C:\Program Files (x86)\EdusolSAMS\Data

  • C:\Users\[Gebruikersnaam]\AppData\Local\VirtualStore\Program Files\EdusolSAMS\Data

  1. Gebruik dieselfde rekenaar waarvan af die deployment gedoen is.

  2. Klik Choose file om die databasis op u rekenaar te soek.

  3. Verseker dat die lêer gezip is voor u dit oplaai.

  4. Nadat u die databasis gekies het, klik Gaan voort om dit op te laai.

Gereelde vrae

Watter tipe lêer moet ek oplaai?

Die lêer moet in 'n gezip-formaat wees. As die lêer nog nie gezip is nie, doen dit op u rekenaar voordat u dit oplaai.

Waarvandaan kry ek die databasis-lêer?

Die lêer word outomaties op u rekenaar gestoor nadat u 'n databasis in SA-SAMS ge-deploy het. Dit word tipies in die EdusolSAMS Data-gids op die rekenaar gestoor.

Moet ek dieselfde rekenaar gebruik?

Ja. Gebruik dieselfde rekenaar waarvan af die deployment in SA-SAMS gedoen is, aangesien die lêer slegs op daardie spesifieke rekenaar gestoor word.

Wat is die doel van hierdie funksie?

Die funksie stoor SA-SAMS-data in d6+ sodat DOE-rapporte en ander departementele verpligtinge direk vanuit d6+ hanteer kan word, sonder om SA-SAMS afsonderlik te gebruik.

Wat gebeur as die oplaai misluk?

Verseker dat die lêer gezip is en dat u die korrekte databasis-lêer uit die EdusolSAMS Data-gids gekies het. As die probleem voortduur, kontak die d6-ondersteuningspan vir hulp.

Laas opgedateer: Maart 2026  |  Weergawe 1.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.