Die My Begroting-skerm wys alle begrotings waarvoor die aangetekende gebruiker as begrotingshoof aangestel is.
Finansies > Begroting: My Begroting
Onder Begrotingshoof verskyn die aangetekende gebruiker se naam.
Kies die jaar om die begroting vir die betrokke boekjaar te vertoon.
Die volgende inligting word uiteengesit: Begrotings Tipe, Begrotings Kategorie, Rekening Kode, Rekening Naam, Totale Begroting, Totaal Werklik, en Verskil (Totaal Werklik min Totale Begroting).
Bedrae in groen dui aan dat die werklike totaal nog binne die begroting val. Bedrae in rooi dui aan dat die werklike totaal die begroting oorskry het.
Die begrotingsinligting kan na Excel uitgevoer word via die Excel-knoppie links bo op die bladsy.
Gebruik die soektabel regs bo om na 'n rekening naam of rekening kode te soek.
Die gebruiker sien slegs rekeninge waarvoor hy/sy die begrotingshoof is.
Jy sien slegs rekeninge waarvoor jy as begrotingshoof aangestel is. Kontak die stelsel Supergebruiker as jy dink rekeninge ontbreek van jou lys.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 2.0