Kieserslys

Kieserslys

Die Kieserslys vertoon die naam, adres en kontaknommers van Ouer 1 en Ouer 2 per leerder. Vir leerders met sibbe in die skool, word aangedui dat daar nog 'n leerder in die familie in 'n ander graad is.

Verslae > Leerders > Vorms: Kieserslys

Hoe genereer ek die Kieserslys?

  1. Kies die datum.

  2. Kies om die inligting per Registerklas of per Familie in alfabetiese volgorde te vertoon.

  3. Kies die registerklasse aan die linkerkant en klik op die pyltjies om hulle te allokeer.

  4. Klik Besigtig om die lys te skep.

Gereelde vrae

Hoekom word Familie verwantskap getoon?

Die Familie verwantskap-aanduiding wys wanneer 'n gesin meer as een leerder in die skool het, sodat elke gesin slegs een stem het by die skool se jaarvergadering.

Laas opgedateer: April 2026  |  Weergawe 2.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.