Die Opmerkings-module laat jou toe om opmerkings te skep wat op rapporte verskyn. Opmerkings kan op groepvlak of individueel per leerder geskep word.
My Skool > Stelsel > Kurrikulum > Databasisse > Stel Opmerkings op
Tabs 1–4: Kwartaal, Graad, Vak en Taak/LU opmerkings vir alle leerders in die groep.
Tabs 5–7: Leerder, Leerder Vak en Leerder Taak/LU opmerkings vir individuele leerders.
Klik op die toepaslike tab en klik Voeg nuwe by.
Kies die Kategorie en tik die opmerking in Afrikaans en Engels.
Gebruik Spesiale velde om die opmerking dinamies te maak.
Klik Stoor.
Gaan na die rapporttemplaat en maak seker die blokkie Opvoeder opmerkings is gemerk onder die Opmerkings-tab.
Gaan na My Skool > Mense > Leerders > Leerderpunte > Lees Opmerkings in.
Laas opgedateer: April 2026 | Weergawe 4.0