Noodnommers

Noodnommers

Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisie stasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. Nooddienbesonderhede moet op die stelsel opgestel word.

My Skool > Stelsel > Algemeen > Databasisse > Noodnommers

Hoe voeg ek noodnommers by?

  1. Kies die toepaslike diens van die kieslys: Polisie, Ambulans, Brandweer, Dokter of Hospitaal.

  2. Klik op Voeg by om die inligting in te lees.

Hoe besigtig ek noodnommers?

  1. Kies die nooddienstipes deur op die kieslys te klik: Polisie, Ambulans, Brandweer, Dokter of Hospitaal.

  2. Die besonderhede van die nooddiens sal dan verskyn.

  3. Klik onder Kies op Kaart om dit op die Kaart te sien en die Adres te sien

Gereelde vrae

Hoeveel noodnommers kan ek per dienssoesoort byvoeg?

U kan meerdere inskrywings per diensoort byvoeg (bv. verskeie hospitale of dokters). Kies telkens die diensoort en klik Voeg by vir elke inskrywing.

Waar word hierdie noodnommers gebruik in die stelsel?

Noodnommers is beskikbaar op die stelsel vir vinnige verwysing deur personeel in 'n noodsituasie. Hou die inligting op datum om te verseker dat personeel altyd toegang het tot die korrekte kontak besonderhede.

Kan ek 'n noodnommer wysig of verwyder?

Ja. Kies die toepaslike diensoort, dubbelklik op die inskrywing om die besonderhede op te dateer of te verwyder en kies die aanvaar veranderinge of verwerp veranderinge konppies wanner jy klaar is.

Laas opgedateer: Maart 2026  |  Weergawe 2.1

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Hoe om noodnommers op te stel en te besigtig

      Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisiestasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. My Tuiste > Stelsel > Algemeen > Databasisse > Noodnommers Hoe stel ek noodnommers op? Klik op Voeg by. ...