Profielaanvraag

Profielaanvraag

'n Profielaanvraag is 'n versoek van een skool aan 'n ander om die inligting rakende 'n leerder beskikbaar te stel — soos onlangse punte, Ed Lab-inligting en oorplasingskaarte.

Let op: Verseker dat die nuwe leerder se inligting volledig in die stelsel ingevoer is voordat die profielaanvraag uitgedruk word.

Verslae > Leerders > Leerder Profiel:  Profielaanvraag

Hoe vra ek 'n leerderprofiel aan?

  1. Kies die leerder(s) aan die linkerkant en klik op die regs-pyltjies om hulle te allokeer.

  2. Klik die Besigtig-knoppie om die verslag te besigtig.

  3. Druk die verslag uit en stuur dit na die vorige skool om die inligting aan te vra.

Gereelde vrae

Watter inligting word aangevra?

Die profielaanvraag vra vir die leerder se onlangse punte, Ed Lab-inligting, oorplasingskaarte en ander relevante rekords.

Kan ek meer as een leerder gelyktydig aanvra?

Ja. Kies al die relevante leerders aan die linkerkant en skuif hulle na die regterblok voordat u Besigtig klik.

Laas opgedateer: April 2026  |  Weergawe 2.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.