Ander Debiteure

Ander Debiteure

Wil net groot asseblief vra of die span nie dalk kan oorweeg om ook voorsiening vir volgende jare te skep by ANDER DEBITEURE soos by gewone debiteure.  Vir die debiteur is dit belangrik om te sien dat sy rekening 'n kredietbalans toon tot fakturering vir 2023 sal geskied.

Hierdie is die antwoord wat ek ontvang het by d6 support met probleem by Ander Debiteure: "Jy kan ongelukkig nie meer toeken/pos as wat verskuldig is nie. Julle sal óf die volgende faktuur moet laai óf na Finansies > Kasboek > Kwitansies moet gaan en twee kwitansies uitreik. Een kwitansie om te betaal wat verskuldig is en die ander een sal 'n direkte kwitansie wees om die res van die geld toe te wys aan 'n grootboek rekening, waar julle in die beskrywing kan plaas dit is 'n krediet.

Wanneer daar weer 'n invoice is, kan julle 'n debiteurejoernaal plaas om die betaling van die grootboek rekening na die invoice te hertoewys. Beide kwitansies sal op die bank wees en julle kan dit dan net aan die linkerhandse transaksie koppel. "