D6 connect en finansies

D6 connect en finansies

Goeie dag

Ons het hierdie jaar begin om die D6connect app te gebruik.  Die ouers gebruik nou egter die leerder se toelatingsnommer as verwysing by hul betalings.  Dit skep probleme aangesien die nommer ook 'n 4 syfer nommer is net soos die famiiekode wat vir betalings gebruik word. Daar is nĂªrens op die app 'n plek wat die familiekode aandui nie.  Dit skep verwarring aangesien ek nou nie op die bankstaat weet of dit 'n familiekode of toelatingsnommer is nie.  Dit maak my werk baie moeilik aangesien ek nou elke ouer wat met 'n 4 syfer kode inbetaal moet kontak.  Kan jul asseblief die familiekode op die app aanbring, veral by die finansiesskerm.

Groete
Anelda