Volgens my kennis praat d6 finansies en fease met mekaar tov die debiteure.
Maar ek verstaan nie so lekker hoe dit regtig werk nie.
My vraag: wanneer ‘n opvolg herinnering aan ‘n ouer gestuur word vanaf fease, hoekom pop daar nie ‘n nota op by die debiteure notas by d6 finansies wat aandui dat daar vir die spesifike ouer ‘n reminder gestuur of ‘n letter of demand gestuur is nie. Hoekom kan ‘n mens hierdie aksies slegs sien op fease? Kan ‘n mens nie daarna kyk dat ‘n nota op die gewone d6 finansies debiteure outomaties op pop/deur trek dat daar is ‘n reminder of letter of demand of so gestuur is nie?
Dit is eending om die workflow vanaf fease te doen maar soms wil mens net vinnig sien wat die agtergrond is van ‘n spesifike debiteur dan moet daar na die gewonde finans notas gekyk word en na die aksies wat gedoen is op fease. Dit wil vir my voorkom dat slegs ‘n betaal reëling nota deur trek na fease en nie wanneer daar ‘n nota geskep word wat aandui dat die ouer gekontak is en wat die gesprek was nie.