d6 Sticitt projekte - afbetaling
Ons ervaar tans heelwat
uitdagings, rakende projekte wat per Sticitt betaal moet word en het die
volgende dringende navrae:
- Waarom verskyn projekte, met
vaste bedrae, steeds op die toep selfs nadat die nodige betalings gedoen
is? In die verlede het die projekte weggeval, sodra dit vereffen is? Die
gevolg is, is dat ouers meer as een keer dieselfde projekte betaal,
aangesien hulle onseker is of die betaling wel gedoen is.
- Waarom is dit moontlik vir ouers om meer as die vaste projek se bedrag
te betaal, maar hulle kan steeds nie die projek se bedrag
verminder en dus afbetaal nie. Ons het nou alreeds so ver gegaan om
die bedrae betaalbaar in twee paaiemente te laai, maar dit help steeds nie
indien die projekte nie wegval, na betaling nie of indien die persone nie
die bedrag kan verminder nie. Hierdie wyse skep slegs meer verwarring.
Dit sal waardeer word,
indien die d6 Sticitt toep gewysig kan word, sodat dit kan werk soos in die
verlede en die projekte met 'n vaste koste, deur ouers afbetaal kon word.