DEBITEURE JOERNALE VIR GROEPE

DEBITEURE JOERNALE VIR GROEPE

Ek het vanoggend n versoek vir so gou moontlik. Ons skool het 'n borg wat van volgende jaar 75 atlete borg. Hulle betaal die kinders se skool- en losiesgeld kwartaaliks.
Hier is die proses soos dit tans werk:
- Eenmaal n kwartaal stuur ek n faktuur aan AFT - D00015
- Ek ontvang die geld op die faktuur
- En dan begin die joernale om die kinders se rekening op datum te bring.
- Daar is hierdie jaar oor die 40 kinders.
- Vanaf 2026 is daar vir die volgende 20 jaar plus 100 atlete. 
- Hierdie funksie is baie noodsaaklik.
- Ek weet nie of daar ander skole is met dieselfde uitdaging nie, maar hierdie uitdaging is permanent by HS Stellenbosch.

Daar is een tipe betaling wat ek kan voorhou as praktiese voorbeeld - wanneer Jonker Vorster Prokureurs hulle maandelikse invordering stuur, klik ek op invorderaars -> kies die oorhandigdes -> deel die betalings toe -> druk die kwitansie.
Kan julle my het met hierdie groep kinders asseblief?
Ek het al die besonderhede - sal die groep deurstuur, ens, ens.
Laat weet asseblief.
Groete
Ingrid