Dissipline verslag vir analise

Dissipline verslag vir analise

Ons probeer analise doen oor die leerders se dissipline.  Ons kan die oortreding informasie met die punte toekenning aflaai, maar daardie data bevat nie die detensie aksies wat punte verminder het nie.  Ons sit dus met totale sonder afgewerkte punte.

Wat ideaal sal wees is 'n verslag in Excel formaat wat die detensie aksies ook bevat en in ag neem.  Tans moet ons die totale verslag van alle leerders aflaai in pdf.  Dit omskakel na Excel en dan die data verwerk sodat ons analise kan doen.

Verder sal dit goed wees as daar 'n opsie is om positiewe punte te kan gee.  Tans affekteer erkennings nie die negatiewe punte totaal nie.  Ons werkswyse laat leerders toe om punte af te werk buite die detensie sisteem.  Daar is geen manier om positiewe punte te gee nie en tans moet ons dan 'n detensie aksie verwerk en afteken om die totale aan te pas.  Probleem hiermee is dat sommige leerders kwalifiseer nog nie vir detensie nie en wil nog steeds punte afwerk.

Die hele konsep van positiewe punte opbou is belangrik in effektiewe dissipline hantering.