Finansies

Finansies

Goeie dag,

Ek het 2 versoeke indien dit moontlik kan wees.

Ek werk baie met notas op die debiteure.  Dit sal regtig van hulp wees as jul 'n opsie kan skep waar 'n mens bv. een bewoording van 'n nota op 200 familiekodes kan laai op een slag.  Nou moet dit een vir een gedoen word op die familiekodes en dit is tydrowend. 

Die ander versoek is i.v.m. die state.

Hierdie is 'n voorbeeld.  'n Leerder verlaat die skool op 15 Julie 2022 en ek het die rekening oorhandig op 16 Des 2022.  Die ouer besoek die kantoor op 25 Maart 2023 en versoek die state.  Ek sit die familiekode in maar omdat hy oorhandig is, is die familiekode basies "weg" omdat daar geen balans uitstaande is nie.  Nou moet ek begin soek en teruggaan op die geskiedenis om te soek wanneer was die laaste transaksie.  Dit kan baie tyd vat.  Dalk is daar 'n makliker manier waarvan ek nie weet nie.  Indien nie kan jul asb hierna kyk.  

Baie dankie en lekker dag verder.
Catherine