Gee D6 administrateurs die toegang om self nuusitems te kan verwyder soos met bronne en kalender

Gee D6 administrateurs die toegang om self nuusitems te kan verwyder soos met bronne en kalender

Goeie dag

Dink sterk daaraan om dieselfde funksie soos by Bronne en Kalender te skep by die Nuusitems dat ons die ou boodskappe heeltemal kan verwyder en dit nie net onttrek nie. By Bronne en Kalender kan jy dit "onttrek" maar ook "verwyder". Sommige nuusitems wil jy net tydelik onttrek maar ander wil jy heeltemal kan verwyder soos bv. aan die einde van die jaar of as daar 'n fout in was.

Skep dalk 'n manier dat jy al die nuusitems wat jy heeltemal wil verwyder kan afmerk en dan in "bulk" kan verwyder soos aan die einde van 'n kwartaal of jaar. Groot asseblief. Met die Kalender en Bronne kan ons self die inligting heeltemal verwyder en hoop dit nie net op in die agtergrond soos met die Nuusitems of boodskappe nie. Ek sit tans met meer as 800 ou boodskappe wat ek steeds op die adminkant kan sien al is dit oud en lankal "onttrek".