As rekeningstate uitgestuur word, lees die boodskap op die voorblad dat die debiteurekode (familiekode) gebruik moet word as verwysings met betalings. Op die d6 App verskyn die familiekode nie, slegs die inskrywingsnommer –
wat verwarrend is, want ouers gebruik menige kere dan die
inskrywingsnommer as verwysing met EFTbetalings, wat weer soms die familiekode
van ’n ander leerder is. Kan die familiekode nie ook/eerder op die D6 app verskyn nie?