Krediet op Krediteure

Krediet op Krediteure

Kan jy nie asb by D6 hoor of hulle die leemte kan vul by die krediteure om Depositos te lui op die krediteur se rekening nie.  ‘n Groot hoeveelheid van ons almal se verskaffers versoek depositos.  EK het dan 2 keuses, ek lui of die produk direk op die item en moet dan later ‘n joernaal op alles gaan doen om dit nou op die krediteur se rekening te plaas anders is alles dubbel gelui OF ek los vir meer as ‘n maand die deposito oop op die bankstaat totdat ek die faktuur kry om te kan lui, wat veroorsaak dat ek nie my maand se bankstaat kan afsluit nie.  Dis regtig ‘n baie algemene ding dat daar orals depositos betaal word. Of self afbetalings is.  Dit is ook ‘n groot risiko wat ‘n finansiële beampte neem om ‘n deposito te betaal en dit dan direk te lui.  Ek moet nou die hele jaar “onthou” dat ek reeds ‘n deposito betaal het vir veldskool, wat eers in Augustus plaasvind.  Onthou ‘n mens gaan trek nie elke keer die itemkode as jy balanse betaal nie.  Jy trek die krediteur se staat om te sien wat gaan aan.  En as dit direk gelui is op die item sodat jy kan aangaan met die bankstaat gaan daar pap op die grond val, want dit wys nie op die krediteur se staat nie.  Veral as die datums so ver uit mekaar is.  En die krediteur se staat balanseer ook nie want ek kan nie die deposito op hulle rekening lui nie.

 

Ek is seker die ontwerpers van D6 Krediteure kan hierdie opsie toeganklik maak en die leemte vul want dit is regtig ‘n probleem vir die wat die krediteure stelsel ten volle wil benut.  Maar dit wat tans aanbeveel word om te gebruik is dubbel werk en bitter baie onthou werk vir die toekoms.