Kwitansies gedeeltelik allokeer

Kwitansies gedeeltelik allokeer

Kontant wat ons ontvang word weer gebruik om byvoorbeeld die kleinkas aan te vul.  Nou moet ek bv R750 in die kleinkas sit, maar daar is net een kwitansie uitgereik vir bv R800.  Nou kan ek nie die deposito doen na die kleinkas nie, want ek kan nie net R750 van die kwitansie na die kleinkas allokeer nie.  EK moet wag tot ek die kwitansies so uitwerk dat dit optel tot R750.  Met die dat ons nie meer so baie kontant ontvang nie, kan dit 'n rukkie neem voor dit kan gebeur.  Kan julle hierdie opsie inwerk asseblief?