Leerder afwesighede

Leerder afwesighede


Is daar 'n manier wat ek die afwesighede kan aandui, sonder dat dit getel word as 'n afwesigheidsdag?

Bv Skooltoer/Skooluitstappie: Leerders is nie fisies teenwoordig by die skool nie, maar hulle is onder toesig van personeel besig met kulturele of sportbedrywighede.

Dit moet nie aangedui word as afwesigheid nie, maar ons wil aandui dat hulle nie op die skoolterrein is nie. Is daar 'n manier wat ons dit so kan aandui ? Dit moet as 0 dae op rapport aangetoon word.