Leerder gemiddeld op rapport

Leerder gemiddeld op rapport

Goeiedag

Ons wil graag die gemiddeld van 'n leerder bereken op slegs Afrikaans Huistaal (kern vak) en dan die beste 6 vakke. Dit is vir Graad 10-12.

Indien jy die seleksie maak van kerne vakke en beste 3 keuse vakke, dan word Afrikaans Huistaal, Engels Home of Add, Wisk of WiskG en LO in bereken gebring as die kern vakke.

Dus moet slegs Afrikaans 'n kern vak wees en dan die beste 6 vakke.

Die voorbeeld is n graad 12 leerder, indien jy die keuse maak van kerne vakke en beste 3 keuse vakke, dan word Lewenswetenskappe nie in die gemiddeld bereken nie, en dus haar gemiddeld van 84% gee. (sy het Ontwerp as 'n ekstra vak)

Indien die keuse gemaak kan word as Afrikaans en kern vak en beste 6 vakke, word Wiskunde nie in berekening gebring nie en is die leerder se gemiddeld dus 87%.

Die Departement van Onderwys bereken graad 12 gemiddeld op dieselfde manier, dus is dit vir my snaaks dat D6 nie die opsie het nie.

Laat weet of julle kan help.

Dankie by voorbaat
Anton Cordier
Hoƫrskool Robertson