OTHER DEBORS ACCOUNTS

OTHER DEBORS ACCOUNTS

Sal dit dalk moontlik wees om asb 'n "advance payment" funksie vir ander debiteure te skep soos op die leerders se rekeninge? Dit skep 'n probleem as hulle vooruitbetalings doen.  Die volgende is die probleem waarmee ek sit:

Eerste opsie volgens d6:
Indien ek slegs die uitstaande bedrag op hul rekening allokeer en die res op 'n GL rekening, moet ek dit later weer met 'n joernaal na hul rekening oorplaas. Die debiteur se vraag is: Waarom is daar nie 'n krediet op sy rekening indien hy vooruit betaal het nie? Hy wil kan sien hoeveel vooruit betaal is.

Tweede opsie volgens d6:
Indien ek die tweede opsie volg en vooruit fakture skep, kan ek dit slegs vir die huidige jaar doen. Sommige debiteure is vir meer as twee maande vooruit betaal. Ek kan nie vir die volgende jaar fakture skep nie. Indien ek dit wel sou kon doen, weet ek steeds nie wat die kostes vir die volgende jaar gaan wees wat gehef moet word nie en daar gaan steeds nie 'n kredietbedrag op die rekening verskyn nie. Wat gebeur indien die debiteur "onttrek"? Moet die vooruitgedatteerde fakture dan weer gekanseleer word sodat daar 'n krediet op hul rekeninge kan verskyn aangesien die krediet dan terugbetaalbaar is aan hulle?