OUE VERWYDER VANAF STELSEL

OUE VERWYDER VANAF STELSEL

Goeiedag
Die 2 opsies vir Ouers verwyder wat jul het is glad nie korrek nie.
Jul opsies is Oorlede of Verkeerdelik toegevoer.  Ons leef in die era waar meeste ouers geskei is en dan wil hul nie meer hul ex se besonderhede daar hê nie, of dat 1 ouer in naam 'n ouer is, maar geen belangstelling in die kind toon of 'n bydrae maak nie.  Jul kan natuurlik die 3de opsie as "Geskei/Vervreemd" maak en die 4de opsie Ander.  Nou verplig die stelsel ons om te sê die ouer is oorlede wat nie die waarheid is nie en die info is ook nie verkeerdelik ingevoer nie, want die mense was een op 'n tyd lief vir mekaar en saam.
Ek hoop jul oorweeg die versoek positief.