Perioderegister vir leerders

Perioderegister vir leerders

Ons het n behoefte vir 'n perioderegister  waar personeel elke periode kontroleer of leerders in die klas is. Tans gebruik ons "Doen-en-Late" wat goed werk.  Dit help baie met leerders se stiptelikheid en bywoning aan die een kant en is ook baie handig om personeel te help met kaskamerdissipline.  Dit sal egter baie lekker wees as daar n opsie is waar n personeellid kan klik om te bevestig dat hulle wel die register gedoen het.  Huidiglik maak ons staat op individue se integriteit dat hul dit wel doen maar dit sal ook lekker wees om statistiek hiervan te kan trek en te kan bepaal of al ons personeel dit wel elke periode doen.  Ons het tot nou die n fisiese register gebruik wat deur die klaskaptein gedra word maar ons wil graag papierloos gaan.

Ons wil dus hoor of die ontwikkelaars moontlik daarna kan kyk?