Personeel Vakke - Vakervaring Automatisering

Personeel Vakke - Vakervaring Automatisering

Onderwerp: Voorstel vir Automatisering van Jaar-einde Opdaterings

Goeiedag

Ek wil graag die volgende voorstel indien vir oorweging:

Kan daar moontlik ’n automasie ingestel word tydens die jaar-einde proses vir personeelrekords? Ek verwys spesifiek na:

  • Personeel vakke
  • Vakervaring
  • Jare onderrig

Tans moet hierdie inligting handmatig per personeellid aangepas word, byvoorbeeld waar ’n personeellid se “1 jaar onderrig” verander moet word na “2 jare onderrig” in die nuwe jaar.

Die proses is baie tydsaam, veral wanneer dit vir elke personeellid individueel gedoen moet word. Ek glo dit sal baie waarde toevoeg indien die stelsel hierdie opdaterings outomaties saam met die jaar-einde proses kan hanteer.

Dit kan administrasie verminder, tyd bespaar en moontlike menslike foute beperk.

Baie dankie vir die oorweging daarvan.