Positiewe punte vir geen oortreding aangeteken

Positiewe punte vir geen oortreding aangeteken


Ons skool se dissiplinêre sisteem werk op die volgende basis:

 

Leerders wat deur die week geen minus / negatiewe punte aanteken, kry aan die einde van die week een positiewe punt.

 

Leerders wat aan die einde van ‘n kwartaal geen minus / negatiewe punte aangeteken het nie, kry aan die einde van die kwartaal 3 positiewe punte.

 

Ek weet die programmering word heel waarskynlik in Excel met ‘n IF-formule gedoen. Is daar ‘n moontlikheid dat die stelsel dit dalk vir ons kan doen?

 

Op die oomblik gaan druk ons elke week aan die einde van die week ‘n Dissiplinêre verslag (opsomming per voogklas) en gee dan die punte "manually" vir almal wat dit toekom. Dit neem om en by so 2 na 3 ure per week vir die 13 grade.