Probleme met Id's & Oorhandigings

Probleme met Id's & Oorhandigings

Goeiedag

Ons ondervind tans 'n probleem met ouer Id's en Oorhandigings.

Probleem 1 - ons sit in die platteland en het 'n probleem met die volgende ons kan nie een ouer se ID nommer 2 keer op die sisteem sit nie, hier is bv 'n pa wat kinders het by verskillende ma's en visa versa maar die sisteem laat nie toe dat mens die pa se ID twee keer gebruik nie en mens moet dit dan uitlos so dit veroorsaak dat wanneer ek die leerder oorgee en sy profiel trek uit D6 dan is daar reeds inligting wat ontbreek. Ek gaan defnitief nie onthou by watter een van sy 3 kinders sy ID nommer by ingevul is nie.

Probleem 2 - Boetie is verlaat maar hy moet oorhandig word en sy profiel moet skuif na Invorderaar maar Sussie is nog by ons in die skool. Ek kan nie die hele rekening skuif na Invorderaar nie want ons kan nog geld ontvang op die sussie, maar kan nie meer geld op die boetie ontvang nie want hy is oorgegee, en tans kan mens ook nie dan vir die Sussie 'n nuwe Familiekode gee nie want dan ontbreek van die ouers se inligting nou weer agv die Id nommer.

Hier is 3 mense by die skool wat geld kan ontvang so om vir hulle tese onthou boetie is oorhandig maar jul kan nog geld op die sussie vat al het die familiekode die "dollar" teken langsaan sal NOOIT werk nie.

So of mens moet 'n manier probeer kry om hulle tesplit sonder dat die "dollar" teken op die sussie se profiel ook wys, of mens sal ouers se ID 2 tot 3 keer moet kan gebruik

So die groot probleem is die ID nommer in beide die boonste gevalle, maar dit is waarmee ons sit en dis 'n groot probleem.

Help asb.

Baie dankie
Antonette