QR-kode

QR-kode

Ons wil graag ‘n voorstel maak, vir wanneer die stelsel nagegaan word en opgedateer word, of die volgende opsies nie ingesit kan word.

* Dat ‘n QR-kode gegenereer kan word wat digitaal beskikbaar kan wees.
* Dat ‘n persoon of ons as skool die verwysing opsie kan , sodat die betalings geallokeer kan word.
* Dat dit moontlik sal wees om dit te kan betaal of deur die bank toepassing of Snapscan, of d6 Connect App.

Die rede dat ons dit vra, is dat ons in die 21ste eeu is, en daar word van skole verwag om kontantloos te gaan, maar dan is dit ook nie so 100% gebruikersvriendelik nie, met betrekking nou byvoorbeeld dat ons nou nie so iets kan allokeer nie. So dan is dit nie moontlik om kontantloos te gaan nie, en dis ‘n baie groot veiligheidsrisiko om met kontant te werk en te gaan bank, veral met sulke geleenthede/projekte. Dis maar net een van die telke projekte wat ons en talle ander skole het wat ook gebruik maak van die d6 skoolsisteem.