Rapporte - Handtekeninge

Rapporte - Handtekeninge

Kan jul dalk ook met die volgende help. Ons het ‘n Laer- en Hoërskool sowel as ‘n Pre-Primer op dieselfde perseel. Ons het nou ‘n Laerskool Hoof sowel as ‘n Uitvoerende Hoof. Rapporte moet verskillend geteken word. Laerskool Hoof teken Laerskool rapporte en Uitvoerende Hoof teken Hoërskool en Kleuterskool se rapporte. Ons moet dan elke keer voor ons rapporte druk die “Hoof” verander twv handtekening. Is daar ‘n stelling moontlikheid sodat Hoofde geallokeer kan word?