Rekeningstate

Rekeningstate

Goeie dag

 

Ek wil hoor of D6 ons state vir Kabouterland en Laerskool Kanonkop kan verander sodat die aangesig beter vertoon as gevolg van die volgende redes:

 

* Ek moet gekonsolideerde state uitstuur vir my ouers en nie aparte state nie.

Op die gekonsolideerde state wys Kabouterland se wapen dan glad nie en bankbesonderhede is baie klein en nie

nie duidelik genoeg vir die ouers nie.

 

* Betalings word in verkeerde bankrekeninge gedoen en moet ons dan heeltyd oorplasings doen van een

bankrekening na 'n ander (van Laerskool Kanonkop na Kabouterland en anders om).

 

* Wanneer ons dan rekeninge oorhandig is dit ook 'n probleem want ek moet die gekonsolideerde staat gebruik

en die wapen vir Kabouterland wys dan nie op die staat nie.

 

* Al die oorplasings van een rekening na 'n ander maak die rekons baie moeilik elke maand.

 

Hoor graag van julle.