Staatvoorstel

Staatvoorstel

More
Hierdie is 'n voorstel van 'n ouer af vir oorweging.

Goeie more Monique,

 

Baie dankie vir u tyd en terugskrywe.  Ek lees u gee geen kommentaar oor die voorstel van die maandelikse verpligte bedrag op die staat nie. Dis dalk ietsie klein maar mag dalk ‘n groot verskil in u dag maak of enige iemand wat met die debiteure werk.

 

Dankie vir die rekening staat wat u ook aangestuur het na die versoek daarna. Wil net graag u aandag vestig dat die staat en skrywe van 7/1 het geen aanduiding gegee dat die R 125 te min betaal was op die staat nie, daarom was data geen kommer by ons as ouers nie. Dit verwys weereens na die maandelikse bedrag verskuldig wat tot voordeel van alby partye kan baat.

 

Mag ek u aandag op nog iets op die staat vestig naamlik die bewoording. U mag dalk nie in beheer van die ontwerp van die stelsel wees nie maar dit kan u kliente hanteing vergemaklik indien die staat reg lees. Finansies is nie die maklikste veld om in te werk nie veral nie met kliente wat dink hul het betaal of reg betaal en agterna moet lees hul sit die pot mis en dan nie omverskoning vra vir hul fout nie. Aanvaar asseblief ons verskoning oor die kort betaling. Marnus is ons laaste seun op skool na 5 pragige geskenke van ons Hemelse Vader. Ons het in die afglope 20 jaar se skoolfonds betalings al met baie stelsels te doen gekry en leer nog elke keer soos in die geval. Nogmals dankie vir u omgee en skrywe.

 

Knip asseblief af op die stippellyn en stuur die boonste gedeelte terug saam met u betaling

LW: Betalings ingesluit tot 23 Januarie 2026

 

Mag ek u aandag vestig dat die staat nie die laaste betaling(R 4250) van die 23 ste insluit nie. Miskien kan hul die bewoording laat lees “laaste betaling reflekteer in skool se rekening tot 23 Januarie 2025”

 

Kan u groot asseblief bevestig of die skoolfonds skrywe ge-epos was want iewers moes ons die skoolfonds e-pos gemis het. Ons het verskeie kere al laat weet die D6 werk nie op ons fone nie en daarom maak ons gebruik van die e-pos kommunikasie gebruik. Hul het wel op die jaarvergadering bevestig hul sal per e-pos kommunikeer. Indien ons nie deel van die e-pos kommunikasie lys is nie mag ons assesblief vra om deel te word van daardie kommunikasie proses. Groot asseblief. Ons wil nie graag weer in bogenoemde netelige posiesie geplaas word nie. Nogmals dankie vir u verstaan.

 

Hier onder is die bewys van die e-pos kommunikasies wat ontvang is.

 

Mooi dag verder vir u en baie sterkte vir die res van die jaar.