Versoek na ‘n “meer inligting” opsie by Krediteure

Versoek na ‘n “meer inligting” opsie by Krediteure

Ek kan nie ‘n krediteure “listing” trek om Krediteure volgens hul fisiese adres te sorteer nie. M.a.w. daar is nie ‘n “meer inligting” opsie soos by Debiteure nie.
Die adresveld is ‘n verpligte veld wat ons invul met die skep van ‘n krediteur.

Om ‘n fisiese adreslys te kan trek van verskaffers (Krediteure) is van kardinale belang:
1. Om seker te maak dat die skool “local” ondersteun.
2. Om die omliggende besighede waarmee ons reeds besigheid doen te nader vir borgskappe, wat belange by die skool het; direkte bemarking.
3. Om afleweringskostes hok te slaan deur eerder verskaffers in onmiddelike omgewing te ondersteun.
4. Die adresveld is ‘n verpligte veld wat ons invul met die skep van ‘n krediteur, en osn het die behoefte om dit te kan herroep en te kan sorteer.