Vooruitbetaaldes outomatiese regtrek na skoolfonds ens.

Vooruitbetaaldes outomatiese regtrek na skoolfonds ens.

Ons het heelwat ouers wat so vroeg as Augustus (2020) al deel van hul skoolgelde vir die volgende jaar (2021) betaal. Op daardie stadium het ons nog nie die volgende jaar  (2021) se heffings kategorie en betaal opsies opgestel nie en dan allokkeer ons die gelde in die leerder se 'vooruitbetaaldes 2021'. Hou in gedagte dat ek nog nie leerders kan koppel  aan die nuwe heffingskategoriee en betaalopsies vir 2021 tot na die admin jaareinde nie. Dit beteken dat ek gedurende Desember baie transaksies vanaf Aug 2020 tot in Desember 2020, per leerder, weer korrek moet gaan allokeer met 'n 'nul joernaal'. Dit is baie dubbel werk. 
Kan ons asb kyk  na 'n eenknoppie oplossing om alle leerders se gelde wat in 'n huidige jaar se 'vooruitbetaaldes' of selfs ook 'n volgende jaar se 'vooruitbetaaldes'  le,  per leerder te kan pos na die huidige jaar se onbetaalde heffingskategoriee en betaalopsies per leerder,  maar dan as 'n lopie vir die hele skool se leerders. HIerdie lopie moet op aanvraag gedoen kan word, sodat ons bv maandeliks 'n 'cleansweep' kan maak van gelde wat dalk deur die jaar/maand ook foutiewelik geallokeer is aan vooruitbetaaldes. 
Ek spandeer elke jaar menigte dae aan hierdie oefening en ek is seker d6 kan 'n oulike oplossing vind?

Baie dankie