Vrystellings

Vrystellings

Goeiedag,

Ek sou graag 'n manier wil vind om Vrystellings aansoekers in die debiteure databasis te identifiseer en isoleer - vir data hanterings doeleindes. Dit moet streng per skooljaar wees. Elke leerderrekening vir wie daar 'n aansoek vorm afgehaal word, moet 'n 'merker' van een of ander soort kry. Ons wil dan deur die jaar vir hierdie groep bulk komunikasies kan stuur, en ons hoop om ook dan te kan evalueer hoe effektief ons interne vrystellings 'prosesse' is.   Ek stel verder voor dat ons verskillende merkers gebruik bv:

AU - uitstaande - vir Aansoek vorms afgehaal maar nog nie ingedien (AO for Outstanding).       
AW - wagtend - vir aansoekvorms ingedien maar nog nie afgehandel (AP vir pending)
Bostaande 2 items is baie belangrik - veral vir data analise later deur die jaar.  

En dan, nadat dit afgehandel is: 

F vir volle vrystelling gekry
A vir outomatiese vrystelling gekry
P vir gedeeltelike vrystelling gekry
D vir geen vrystelling gekry
C Vir kondisionele vrystelling gekry.

Wanneer die merker op die debiteur rekening aangebring word, deur die finansiele klerk in die skool kantoor, is dit moontlik dat daar outomaties 'n ooreenstemmende boodskap op die debiteur se rekening kan verskyn? Onder teksnotas? Sodat die debiteur self sal sien wat die status van die aansoek is? 

Die merker moet ook saamgaan wanneer ek die debiteure ontleding na excel oorskakel, sodat ons die vrystellings aansoekers kan isoleer en hul betalings patrone kan analiseer. 

Baie dankie