Vrywaringsvorm / Toestemmingsbrief / Indemnity form

Vrywaringsvorm / Toestemmingsbrief / Indemnity form

Kan daar dalk 'n templaat vorm opgetrek word met die inligting wat ons van die leerder op die stelsel het, ouer besonderhede, asook mediese besonderhede, wat dan gebruik kan word vir enige sport, toer, uitstappie of ander byeenkoms, as vrywarings/toestemmingsbrief. Die inligting trek dan outomaties deur en die vorm kan net uitgedruk word vir die ouer om te teken. 

Daar moet net 'n opsie wees om self die beskrywing van die betrokke geleentheid in te voeg, asook die datum(s).


Voorbeeld van teks wat op Aansoek om Toelatingsvorm gebruik word:

VRYWARING / TOESTEMMING OM AAN ALLE GEORGANISEERDE AKADEMIESE, SPORT- EN KULTUURAKTIWITEITE DEEL TE NEEM

1. Ek, ouer / voog van _______________ gee hiermee toestemming dat hy / sy aan alle akademiese, sport- en kultuuraktiwiteite wat deur die skool op 'n georganiseerde wyse aangebied word, mag deelneem. Om toetse deur die skool ondersteuningsspan met die oog op hulpverlening in skoolwerk of identifisering van probleme te mag aflê.
2. Ek verleen toestemming dat my kind vervoer mag word deur 'n openbare busmaatskappy wat goedgekeur is deur die skoolbestuur. Indien daar slegs 'n klein groepie leerders vervoer moet word, kan daar ouers / onderwysers met wettige bestuurslisensies gevra word om leerders te vervoer.
3. Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind en dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van die mediese en / of hospitaalrekenings indien van toepassing, in geval van besering wat nie aan die growwe nalatigheid van die verantwoordelike personeel toegeskryf kan word nie.
4. Ek dra my magte as ouer / voog oor aan die Hoof van die skool of sy verteenwoordiger indien mediese of chirurgiese behandeling vir my kind nodig mag wees. Sover ek weet, is hy / sy fisies in staat om aan enige georganiseerde aktiwiteite deel te neem en verkeer hy / sy in goeie gesondheid.
5. Ek bevestig dat alle mediese inligting voorsien in die Afdeling: Leerderinligting van hierdie vorm akkuraat en volledig is. Hierdie inligting mag gebruik word in enige noodgeval.
6. Ek onderneem om die skool in kennis te stel indien enige van bogenoemde inligting verander.
7. Ek onderneem om my kind te ondersteun in die nakoming van die Gedragskode en dissiplinêre stelsel van Hoër Tegniese Skool Drostdy soos vervat in die Skoolbeleid.
8. Hiermee bevestig ek dat enige beeldmateriaal van my kind gebruik mag word vir enige publikasies van die skool, in watter formaat ookal.