Die Admin-jaareindeproses (oorrol) moet deur elke skool voltooi word om die volgende jaar se rekords vir leerders en personeel in d6+ te skep. Voltooi die proses verkieslik nadat die finale punte ingelees is — behalwe as jy die Rooster-program gebruik om die volgende jaar se rooster op te stel. In dié geval moet Fase 1 eers voltooi word sodat die rooster gebou kan word.
My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding
Regte benodig: Vra die Supergebruiker vir Besigtig-en-Wysig regte na knoppies 1.1, 1.2, 1.3, 2.1, 2.2, 4.1, 4.2 en 4.3.
Fase 1 kan ook vroegtydig voltooi word sodat vakke vir volgende jaar se leerders ingelees kan word. Voltooi die stappe in hierdie volgorde:
Kwartale— My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Kwartale
Kopieer die huidige kwartale na die volgende jaar en redigeer die datums vir die korrekte kwartaaldatums.
Waglys Toelatings — My Skool > Leerders > Waglys Toelatings
Dui aan per graad watter leerders toegelaat of afgewys word.
Herregistrasies — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Herregistrasie
Dui aan watter leerders herregistreer vir volgende jaar en watter die skool verlaat. Indien die herregistrasievorm teruggestuur moet word, kan dit in die ooreenstemmende kolom aangedui word.
Promoverings — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Promosies
Sonder promosie-formules: Klik die blou oog-ikoon langs 'n klas, promoveer leerders per hand deur Gaan voort te klik, en herhaal vir elke klas.
Met promosie-formules: My Skool > Kurrikulum > Finale Resultate, kies die graad, en klik Promoveer almal.
As jy Fase 1 vroegtydig voltooi het vir roosters, herstel elke graad na Gebruik berekende resultaat vir almal nadat die roosterdata volledig is.
Klasindeling — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Klasindeling
Slegs beskikbaar nadat herregistrasies en promosies vir alle grade voltooi is. Dui aan hoeveel klasse benodig word en hoe leerders ingedeel moet word.
Klasopstelling — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Klasopstelling
Ken lokale (klaskamernommers), registerklasname (bv. “A”) en onderwysers aan registerklasse toe.
Kopieer Leerprogramme — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Kopieer Leerprogramme
Die leerprogram (Stappe 1–6) vir elke graad word gekopieer na dieselfde graad in die volgende jaar. Die volgende items kan oorgedra word: vakke, leeruitkomstes/take/vaardighede, assesserings, formules, vakgroepe, punte inleesregte vir vakgroepe, leerder vakkeuses, en resultaatmetodes.
Vakkeuses — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Vakkeuses
Allokeer vakke vir nuwe leerders, Graad 1, Graad 8 en Graad 10-leerders vir die volgende jaar.
Vakke — My Skool > Kurrikulum > Jaareind Voorbereiding: Vakke
Dui aan watter vakke elke onderwyser volgende jaar aanbied. Die vakondervinding op die tweede oortjie moet ook aangedui word vir SA-SAMS doeleindes.
Klasindeling is slegs beskikbaar nadat die herregistrasies en promosies vir alle grade voltooi is. Die stelsel waarsku jou as enige vorige stappe nog nie afgehandel is nie.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 2.0