Admin Jaar-Einde

Admin Jaar-Einde



Die Admin-jaareindeproses (oorrol) moet voltooi word deur elke skool om die volgende jaar se rekords vir die leerders en personeel te skep in d6+.

 

Verkieslik moet die proses eers begin word NADAT die finale punte ingelees is. Behalwe as jy gebruik maak van die Rooster program om jou volgende jaar se rooster op te stel.
Dan moet FASE 1 voltooi word sodat jy die rooster sal kan opstel.

 

FASE 1

Fase 1 kan ook vroegtydig voltooi word sodat vakke vir volgende jaar se leerders ingelees kan word.  Voltooi die stappe in hierdie volgorde:

Om toegang the kry na al die knoppies by My Skool > Kurrikulum > Rooster opstelling

vra die Superuser vir Besigtig-en-Wysig regte na 

1.1   1.2 1.3   2.1 2.2 4.1   4.2 4.3


WAGLYS TOELATINGS

My Skool > Leerders > Waglys Toelatings

Dui aan per graad watter leerders toegelaat of afgewys word.


HERREGISTRASIES

My Skool > Leerders > Herregistrasie

Dui aan watter leerders herregistreer vir volgende jaar en watter die skool verlaat. Indien die herregistrasievorm teruggestuur moet word, kan dit in die ooreenstemmende kolom aangedui word.


PROMOVERINGS

Indien u nie gebruik maak van Promosie formules nie:

  • My Skool > Leerders > Promosies

  • Kliek die blou oog ikoon langs ‘n klas.

  • Promoveer die leerders per hand deur “gaan voort” te kliek.

  • Herhaal vir elke klas.

Indien u gebruik maak van Promosie formules:

  • My Skool > Kurrikulum > Finale Resultate

  • Kies die graad.

  • Kliek “Promoveer almal”

Indien u Fase 1 voltooi met die doel om ‘n rooster te bou: 

  • Nadat al die leerders ingevoer is in Rooster, en jy is seker dat die data volledig is, herstel elke graad na “Gebruik berekende resultaat vir almal” om te verseker dat die leerders aan die einde van die jaar gepromoveer word volgens hul finale punte. Hiervoor moet die Promosie Formules vir die huidige jaar opgestel wees sodat alle leerders in die huidige jaar met berekende resultate bevorder kan word.


KLASINDELING

My Skool > Leerders > Klasindeling

  • Klasindelings kan slegs gedoen word nadat die herregistrasies en promosies vir alle grade voltooi is. Slegs dan sal die klaskamerlyste vertoon waar die aantal leerders per graad aangedui word. Die stelsel sal u waarsku indien enige van die vorige stappe nog nie voltooi is nie.

  • Dui aan hoeveel klasse vir volgende jaar benodig word, en hoe die leerders ingedeel moet word.


KLASOPSTELLING

My Skool > Personeel > Klasopstelling

  • Hierdie funksie laat u toe om lokale (klaskamer nommers) vir die volgende jaar op te stel en registerklasname (bv. “A”) asook onderwysers vir die registerklasse daaraan toe te ken.


KWARTALE

My Skool > Algemeen > Kwartale

  • Skep nuwe Kwartale vir die volgende jaar deur die huidige kwartale te kopieer. Redigeer die datums om die korrekte kwartale vir volgende jaar aan te dui.


KOPIEER LEERPROGRAMME

My Skool > Kurrikulum > Kopieer Leerprogramme

  • Die leerprogram (Stappe 1-6) vir die gekose graad sal kopieer na dieselfde graad in die volgende jaar. Byvoorbeeld, die Graad 11 opstelling (Vakke, take, assesserings en gewigte) sal dieselfde wees vir Graad 11 in die huidige jaar.

  • Bykomend sal die leerders se vakkeuses in Kwartaal 4 vir Graad 10, gekopieer word na Graad 11.

  • Die volgende items sal gekopieer word na volgende jaar:

    • Dra vakke oor: Dra die vakke op Stappe 1 & 2 oor na al die kwartale in die volgende jaar.

    • Dra leeruitkomstes/take/vaardighede oor: Dra die take / leeruitkomstes / vaardighede per vak op Stappe 3 & 4 oor na dieselfde kwartale in die volgende jaar.

    • Dra assesserings oor: Dra die assesserings per vak op Stappe 5 & 6 oor na dieselfde kwartale in die volgende jaar.

    • Kopieer formules: Dra die Templaat en Vak-spesifieke formules per graad en vak oor na die volgende jaar.

    • Dra vakgroepe oor: Dra die vakgroepname oor na die volgende jaar. Die leerders per groep word nie ook oorgedra nie. U sal die leerders weer aan die vakgroepe moet koppel. Indien u egter die Timetabler gebruik, sal die leerders in die Kombinasie opstellings in die vakgroepe geplaas word wanneer u die rooster oplaai.

    • Dra punte inleesregte vir vakgroepe oor: Laat toe dat die onderwysers in die volgende jaar punte kan inlees vir dieselfde groepe as die huidige jaar.

    • Dra leerder vakkeuses oor: Die leerders se vakkeuses sal oorgedra word na die volgende jaar waar die Hoofvak in albei grade dieselfde is. Bv. Vakkeuses in Kwartaal 4 Graad 10 sal oorgedra word na Graad 11 vir alle kwartale.

    • Dra resultaatmetodes oor: Die Departementele of skool-spesifieke vereistes vir promosies, sal oorgedra word na die volgende jaar.


VAKKEUSES

My Skool > Kurrikulum > Vakkeuses

  • Allokeer vakke vir nuwe leerders en Graad 10 leerders in die volgende jaar.


VAKKE

My Skool > Personeel > Vakke

  • Dui aan watter vakke elke onderwyser volgende jaar gaan aanbied. Die vakondervinding op die 2de oortjie moet ook aangedui word vir SA-SAMS doeleindes. 

Hierdie knoppies word ook saam gegroepeer in volgorde by
My Skool > Kurrikulum > Rooster Opstelling



Om toegang the kry na al hierdie knoppies vra die Superuser vir Besigtig-en-Wysig regte na 

1.1   1.2  1.3   2.1   2.2   4.1   4.2   4.3





    • Related Articles

    • Finansiële Jaar Einde

      Wanneer jy voorberei om 'n finansiële jaareinde te doen, moet die volgende take gefinaliseer word voordat die proses kan begin: Die afsluiting van alle projekte wat 'n wins of verlies toon wat gesluit moet word vir die finansiële jaareinde. Let ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • Admin Jaareinde Oorsig

      ADMIN JAAREINDE OORSIG Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Admin Jaareinde proses ('oorrol') moet deur alle skole gedoen word om profiele te skep vir leerders en personeel vir die komende/volgende jaar.   Dit is raadsaam om ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • LEERDER HERREGISTRASIES

      Dit is raadsaam om te verseker dat u hierdie stappe slegs voltooi wanneer u seker is dat die voorvereistes vir hierdie stappe nagekom is. Die administratiewe jaareinde kan nie omgekeer word nie, en enige groot veranderinge soos toegepas, sal met die ...