Admin Jaareinde Oorsig

Admin Jaareinde Oorsig

ADMIN JAAREINDE OORSIG

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel


Die Admin Jaareinde proses ('oorrol') moet deur alle skole gedoen word om profiele te skep vir leerders en personeel vir die komende/volgende jaar.  

Dit is raadsaam om hierdie proses te begin doen SLEGS nadat finale punte ingelees is. Behalwe as jy gebruik maak van die Rooster program om die rooster opstelling te doen vir die volgende jaar.
In hierdie geval moet FASE 1 gedoen word voordat jy met die Rooster opstelling kan voortgaan.


Admin Jaareinde

FASE 1


Waglys Toelatings


  1. My Skool > Leerders Waglys Toelatings
  1. Leerders kan toegelaat of afgewys word per graad.

Herregistrasies

  1. My Skool > Leerders Herregistrasies
  2. Dui aan of huidige leerders herregistreer of die skool gaan verlaat vir die volgende jaar. 
  3. Indien die skool verwag dat herregistrasie vorms ingehandig moet word, kan dit aangedui word waar vorms uitstaande is.

Promoverings


Indien Promosie Formules NIE gebruik word nie:

  • My Skool > Leerders > Promoverings

  • Kliek die blou pyltjie langs 'n klas verwysing.

  • Om die leerders per hand te promoveer, kliek 'Gaan voort'.

  • Herhaal vir elke klas.


Indien Promosie Formules gebruik word:

  • My Skool > Kurrikulum > Finale Resultate

  • Kies die graad.

  • Kliek “Promoveer almal”.

Indien jy Fase 1 van die Admin Jaareinde proses doen vir Rooster doeleindes:

  • Nadat al die leerders ingevoer is in Rooster, en jy is seker dat die data volledig is, herstel elke graad na “Gebruik berekende resultaat vir almal” om te verseker dat die leerders aan die einde van die jaar gepromoveer word volgens hul finale punte. Hiervoor moet die Promosie Formules vir die huidige jaar opgestel wees sodat alle leerders in die huidige jaar met berekende resultate bevorder kan word.

Klasindeling

My Skool > Leerders Klasindeling

  • Klasindelings kan slegs gedoen word nadat die herregistrasies en promosies vir alle grade voltooi is. Slegs dan sal die klaskamerlyste vertoon waar die aantal leerders per graad aangedui word. Die stelsel sal u waarsku indien enige van die vorige stappe nog nie voltooi is nie.

  • Dui aan hoeveel klasse vir volgende jaar benodig word, en hoe die leerders ingedeel moet word.


Klasopstelling

My Skool > Personeel > Klasopstelling
  • Hierdie funksie laat u toe om lokale (klaskamer nommers) vir 2019 op te stel en registerklasname (bv. “A”) asook onderwysers vir die registerklasse daaraan toe te ken.


Kwartale

My Skool > Algemeen > Kwartale

  • Skep nuwe Kwartale vir die volgende jaar deur die huidige kwartale te kopieer. Redigeer die datums om die korrekte kwartale vir volgende jaar aan te dui.



Kopieer Leerprogramme

My Skool > Kurrikulum > Kopieer Leerprogramme

  • Die leerprogram (Stappe 1-6) vir die gekose graad sal kopieer na dieselfde graad in die volgende jaar. Byvoorbeeld, die Graad 11 opstelling (Vakke, take, assesserings en gewigte) sal dieselfde wees vir Graad 11 in die volgende jaar.

  • Bykomend sal die leerders se vakkeuses in Kwartaal 4 vir Graad 10, gekopieer word na Graad 11.

  • Die volgende items sal gekopieer word na volgende jaar:

        • Dra vakke oor: Dra die vakke op Stappe 1 & 2 oor na al die kwartale in die volgende jaar.

        • Dra leeruitkomstes/take/vaardighede oor: Dra die take / leeruitkomstes / vaardighede per vak op Stappe 3 & 4 oor na dieselfde kwartale in die volgende jaar.

        • Dra assesserings oor: Dra die assesserings per vak op Stappe 5 & 6 oor na dieselfde kwartale in die volgende jaar.

        • Kopieer formules: Dra die Templaat en Vak-spesifieke formules per graad en vak oor na die volgende jaar.

        • Dra vakgroepe oor: Dra die vakgroepname oor na die volgende jaar. Die leerders per groep word nie ook oorgedra nie. U sal die leerders weer aan die vakgroepe moet koppel. Indien u egter die Timetabler gebruik, sal die leerders in die Kombinasie opstellings in die vakgroepe geplaas word wanneer u die rooster oplaai.

        • Dra punte inleesregte vir vakgroepe oor: Laat toe dat die onderwysers in die volgende jaar punte kan inlees vir dieselfde groepe as die huidige jaar.

        • Dra leerder vakkeuses oor: Die leerders se vakkeuses sal oorgedra word na die volgende jaar waar die Hoofvak in albei grade dieselfde is. Bv. Vakkeuses in Kwartaal 4 Graad 10 sal oorgedra word na Graad 11 vir alle kwartale.

        • Dra resultaatmetodes oor: Die Departementele of skool-spesifieke vereistes vir promosies, sal oorgedra word na volgende jaar.


Vakkeuses

My Skool > Kurrikulum > Vakkeuses
  • Allokeer vakke vir nuwe leerders en vir Graad 10 leerders vir die volgende jaar.


Vakke

My Skool > Personeel > Vakke

  • Dui aan watter vakke elke onderwyser volgende jaar gaan aanbied. Die vakondervinding op die 2de oortjie moet ook aangedui word vir SA-SAMS doeleindes.



Duplikaat stel knoppies vir Admin Jaareinde

Al hierdie knoppies is ook saam gegroepeer in die regte volgorde by My Skool > Kurrikulum > Rooster Opstelling


FASE 2

Hierdie is die finale fase om the oorrol na die volgende jaar te voltooi. 
Nadat hierdie fase voltooi is, sal sekere verslae en ander inligting vir die vorige jaar nie meer beskikbaar wees nie.
Verseker dat die finale SA-SAMS databasis uitgevoer en gestoor word vir toekomstige gebruik, voordat Fase 2 gefinaliseer word. Die finale (nie Kwartaal 4 nie) SA-SAMS indiening sal nie meer kan uitvoer nie. 


Finale Admin Jaareinde Proses

Nota: Die Finale Admin Jaareinde proses bestaan uit drie stappe. Hierdie stappe kan met tydsberekening gedoen word.

Stap 1:

  • Moet hierdie stap NIE DOEN VOORDAT die skedules vir kwartaal 4 voltooi is en finale SA-SAMS indiening gedoen is nie.

  • Nadat hierdie stap voltooi is, sal u NIE weer kan terugkeer na 2019 Kwartaal 4 om die finale indiening te herhaal nie.

  • Oorplasingskaarte word tydens hierdie stap gegenereer.

  • Hierdie stap kan voltooi word voordat die skool sluit, indien die oorplasingskaarte saam met die rapporte uitgedeel moet word.


Stap 2:

  • Met hierdie stap word die leerders bevorder volgens hul finale punte.

  • Hierdie stap moet voltooi word voor die einde van die jaar.


Stap 3:

  • Hierdie stap ken nuwe toelatingsnommers aan die aanvaarde waglys leerders toe.

  • Dit word aanbeveel dat u hierdie stap in die Nuwe Jaar doen voor die tiende skooldag wanneer u skool se leerdergetalle bepaal word vir u maandelikse rekening.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd


    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Prestasie Oorsig

      Prestasie Oorsig Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Die Prestasie module laat skole toe om sekere akademiese kriteria en formules op te stel om te betaal watter leerders spesifieke akademiese sertifikate en ander toekennings moet ...
    • Admin Jaar-Einde

      Die Admin-jaareindeproses (oorrol) moet voltooi word deur elke skool om die volgende jaar se rekords vir die leerders en personeel te skep in d6+. Verkieslik moet die proses eers begin word NADAT die finale punte ingelees is. Behalwe as jy gebruik ...
    • Herregistrasies

      My Skool > Leerders > Herregistrasies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Leerders moet jaarliks aandui of hulle gaan aanbly by die skool die volgende jaar en of hulle aan die einde van die jaar die skool gaan verlaat. Hierdie Proses ...
    • Prestasies Oorsig

      Prestasies Oorsig Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Die prestasie module laat skole toe om sekere akademiese  kriteria en formules op te stel om te bepaal watter leerders akademiese sertifikate en ander toekennings moet ontvang. ...