AFWESIGHEIDSREDES

AFWESIGHEIDSREDES


Die databasis van afwesigheidsredes vir beide leerders en personeel word hier opgestel.
Die standaard afwesigheidsredes wat in die stelsel beskikbaar is, is volgens riglyne wat deur die Departement aanbeveel word.  U hoef in teorie dus geen afwesigheidsredes addisioneel te skep, redigeer of te verwyder nie, maar dit is wel moontlik om dit te doen. 
Wees egter versigtig om nie die betekenis van 'n afwesigheidsrede te wysig nie. Moet byvoorbeeld nie ‘Siekte’ redigeer en verander na ‘Dood in Familie’ nie. Die verskillende tipes word in die agtergrond volgens departementele reels hanteer. Gebruik dus die redigering slegs vir spelfoute.

SKEP AFWESIGHEIDSREDES

  • Daar is drie opsies vir Afwesigheidsredes, naamlik: Leerders afwesigheid, Leerder verlof  en Personeel afwesigheid.
  • Die afwesigheidsrede vir die Leerders, Leerder verlof of Personeel afsonderlik geskep.
  • Kliek op die blou (Skep 'n Afwesigheidsrede)" knoppie.
  • Die afwesigheidsrede moet aan 'n SA-SAMS rede gekoppel word vir korrekte uitvoering van die afwesighede na SA-SAMS.
  • Kliek op die "Voeg by"  knoppie sodat die afwesigheidsrede bygevoeg kan word.
  • Die afwesigheidsrede moet in Afrikaans en Engels ingevul word.
  • Die rede kan as die verstek rede aangedui word, wat tot gevolg sal hê dat dit die verstek rede is wat vertoon op die afwesigheidskerm
  • Elke afwesigheidsrede moet aan 'n ooreenstemmende, geldige SA-SAMS rede gekoppel word om te verseker dat die afwesighede korrek gerapporteeer word.
  • U nuwe afwesigheidsrede sal vertoon word in die lys van redes waar afwesighede aangedui word.

LEERDERS VERLOF REDES

Leerders wie nie by die skool moet wees agv Covid/Rooster of ander redes, moet nie as afwesig gemerk word nie, maar eerder  as met "Leerder Verlof". Dit sal verseker dat hierdie dae nie by die totale afwesige dae ingereken word nie.
  • Die afwesigheidsrede moet in Afrikaans en Engels ingevul word.
  • Moontlike aanwesigheid:  Dui aan of hierdie tipe verlof by die totale aantal dae afwesig bygetel moet word, of nie.
    bv.  Swangerskap word deur die departement getel as 'n werklike afwesigheid. Maar "Nie teenwoordig agv skoolrooster" word nie by die totale aantal afwesige dae getel nie. 
  • U nuwe Leerder Verlof redesal vertoon word in die lys van redes waar Leerder verlofaangedui word

VERWYDER AFWESIGHEIDSREDES

  • Kliek op die asblik net links van die betrokke rede om die relevante rede te verwyder; of
  • Kies die relevante afwesigheidsrede deur te kliek op die sirkel en dan op die "Verwyder" knoppie.
  • Maak u besluit deur op die Ja of Nee knoppie te kliek.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • RUGSTEUN

      My Skool > Algemeen > Rugsteun Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie handleiding is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit verduidelik die “backups” (rugsteun) wat die sisteem maak om u data te beskerm. Die stelsel maak outomaties ...
    • WATERMERKE

      My Skool > Algemeen > Watermerke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  VOEG WATERMERKE BY Indien u ‘n agtergrond wil byvoeg, kliek op die "Voeg Agtergrond By" knoppie. Kies die brieftipe deur op die kieslys te kliek. Kies die ...
    • NOODNOMMERS

      Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisie stasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. Nooddiens besonderhede moet opgestel word op die stelsel. Kies die toepaslike diens van die kieslys af en ...
    • KWARTALE

      My Skool > Algemeen > Kwartale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir ...
    • DOKTERS

      Leerders en Personeel wat reeds aan bestaande dokters gekoppel is se besonderhede sal opgedateer word indien u die dokter se besonderhede opdateer. SKEP DOKTER INLIGTING Indien u ‘n nuwe dokter wil laai, kliek op die "Laai 'n huisdokter" knoppie. ...