Algemene Grootboek Rekeninge

Algemene Grootboek Rekeninge


Grootboekrekeninge maak deel uit van die grootboek van die skool, waar alle rekenkundige transaksies gestoor en opgesom word. Hierdie word benodig sodat die boekhouding stelsel suksesvol kan funksioneer. Grootboekrekeninge word normaalweg genommer. Nommering logika sal normaalweg balansstaat en inkomstestaat items van mekaar skei.

Hoe om 'n grootboek rekening te skep.

  • Kliek op "skep 'n rekening" knoppie. 
  • Kies die "rekening tipe" deur te kliek op die "af pyltjie".
  1. BS =  Die Balans Staat kan gesien word as 'n uitreksel van die finansiele posisie van die maatskappy op 'n spesifieke datum en tyd. Balanse word tussen jare oorgedra.
  2. IS = Die Inkomste Staat is 'n opsomming van die finansiele aktiwiteite vir 'n spesifieke periode, byvoorbeeld, per kwartaal of per jaar waar die wins of verlies bepaal word. Elke nuwe jaar begin met 'n nul rand openingsbalans.
  3. PB = 'n Proef Balans is 'n dokument wat toets of die boeke balanseer in 'n spesifieke rekenkundige periode.
  4. Rekeninge Betaalbaar (IS) = Die proses waar uitstaande rekeninge nagespoor word vir enige goedere, selfs dienste wat aangekoop en ontvang was en betaal moet word. Voorbeelde sluit in elektrisiteit, telefoon, advertensies of personeel funksies.
  5. Rekeninge Ontvangbaar (IS) = Alle gelde wat geallokeer word in die proses waar goedere of self dienste betrokke is. In 'n skool scenario is ouers die rekenpligtes wat normaalweg skoolfonds maandeliks betaal. Om 'n voorsiening vir slegte skuld te hanteer moet jy 'n balansstaat grootboek rekening skep om afskrywings van skoolfonds te boek te kan stel.
  6. Bank (BS) = Jou bank rekeninge kan maandeliks gerekonsileer word maar moet jaarliks gerekonsileer wees. Hierdie sluit beleggins rekeninge, spaar rekeninge, tjek rekeninge en ongedeponeerde fondse in.
  7. Eienaars Belang (BS) =  Soms is aandele gebruik vir die kombinasie van laste en eienaars belange. Byvoorbeeld, sommige herhaal die basiese rekeningkundige vergelyking Bates = laste + eienaars belang om dan gelyk te wees aan = Aandele. Belange word ook gebruik om 'n eienaar se belangstelling aan te dui in 'n persoonlike bate. Alle fondse wat geherinvesteer word, word Teruggehoue Inkomste of Opgehoopte Fondse genoem.
  8. Uitgawes (IS) = Alle fondse wat gespandeer word sodat die skool kan funksioneer, wat nie direk verwant is aan die verkoop van goedere of dienste nie. Voorbeeld hiervan sal wees elektrisiteit en telefoon rekeninge.
  9. Vaste Bates (BS) = Alles wat die skool besit om suksesvol te kan funksioneer. Dit sluit geboue, eiendom, gereedskap, toerusting, voertuie en meubels in. Normaal weg behoort die eiendomme en geboue van staat skole aan die regering. Die uitsondering is gewoonlik privaat skole wat self hulle eiendomme en geboue besit.
  10. Inkomste (IS) = Alle Inkomste wat die skool ontvang wat kontant, tjeks en bank oorplasings (deposito's) insluit.
  11. Lang Termyn Laste (BS) = Alle skulde wat die skool mag he, insluitende lenings en verbande. Dit sluit selfs uitstaande rekeninge in soos en waar van toepassing.
  12. Profiel Kontrole Rekeninge (BS) = Spesifieke Kontrole Rekeninge wat die stelsel outomaties rekonsilieer. Voorbeelde hoervan is die leerder kontrole rekening, debiteure kontrole rekening en kwitansie kontrole rekening. Die stelsel laat NIE toe dat Joernale en ander prosessering hierteen gedoen word nie.
  13. Projek Kontrole Rekening (BS) = Kontrole rekening om projekte outomaties teen te rekonsilieer. Die wins of verlies word na die inkomstestaat gestuur wanneer 'n projek afgesluit word.
  14. Rekeninge Betaalbaar (BS) = Dit is 'n rekenkundige inskrywing wat die Entiteit se verantwoordelikheid om di Korttermyn skul te betaal aan Krediteure. Gewoonlik sal hierdie op die Balansstate vertoon onder bedryfslaste
  • Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in.
  • Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in.
  • Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees.
  • Tik 'n "beskrywing" in die beskikbare blok in maar let wel dit is nie 'n verpligte veld nie.
  • Tik 'n "nota" in die beskikbare blok as jy wil maar dis ook optioneel.
  • As al die ingligting ingevul is, kliek op die "voeg by" rekening.

Hoe om 'n grootboek rekening te redigeer.

  • Kies die rekening wat jy wil redigeer.
  • Kliek op die "redigeer" knoppie en wysig die rekening soos jy wil.
  • Wanneer jy klaar die rekening gewysig het, kliek op die "stoor" knoppie.
Rekening name of nommers moet nie verander word sodat dit 'n nuwe betekenis het nie, bv, "telefone" te verander na "bank koste". Die historiese data sal dan ook verander word. Met ander woorde, die geskiedenis van die rekening sal nou as "bank koste" in plaas van "telefone" op vorige jare vertoon. Die beste manier om 'n betekenis van 'n rekening te verander is om die bestaande rekening te sluit sodra dit op 'n nul rand balans is en dan 'n eerder 'n nuwe rekening te skep.

Hoe om 'n rekening te sluit.

  • 'n Rekening kan slegs gesluit word as die rekening 'n nul rand saldo het. 
  • Sou dit wees dat die rekening nie 'n nul rand saldo het nie, sal die stelsel dadelik 'n fout boodskap opbring.
  • Kies die rekening wat jy wil sluit.
  • Kliek op "sluit rekening" knoppie.
  • Die stelsel sal dan vra of jy seker is en dan kan jy "ja" kies.

Hoe om 'n rekening te heraktiveer.

  • Onder "kies die rekening status" kies "gesluit"
  • Kies dan die rekening wat jy wil heraktiveer.
  • Kliek dan op die "heraktiveer rekening" knoppie.
  • Die stelsel sal dan vra of jy seker is en dan kan jy "ja" kies.


Vir inligting oor hoe om 'n rekening te skep vir Netcash/SagePay, kliek gerus op die volgende skakel


© Copyright d6 group (Pty) Ltd


    • Related Articles

    • Algemene Grootboek Joernale

      Hierdie funksie moet slegs gebruik word wanneer u transaksies op Grootboek rekeninge en Projekte wil teboekstel. Joernale word nie gebruik vir regstellings in debiteure rekeninge nie. Hoe om 'n joernaal te skep. Kliek op die "skep 'n joernaal" ...
    • Netcash Integrasie

      Inleiding Finansies > Kasboek > Rekeninge Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien die skool al klaar gebruik maak van 'n Netcash/SagePay rekening As 'n skool klaar van Netcash/SagePay gebruik maak, sal daar klaar 'n grootboek ...
    • Algemene Grootboek Verslag

      Hoe om die algemene grootboek verslag te skep Kies of jy vir Alle, Aktiewe of Geslote rekeninge wil vertoon. Kies om dit te sorteer volgens Rekeningkode, Rekeningnaam, Kategorie of Begrotingshoof. Kliek op "besigtig" om die verslag te toon. Die ...
    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Krediteur Rekeninge

      Hierdie funksie stel jou in staat om rekeninge vir die verskillende verskaffers van die skool te skep. Dit sal die vaslegging van data transaksies insluitend fakture, kredietnotas en betalings op hierdie rekening fasiliteer. Let asseblief daarop dat ...