Ander Kontakpersone

Ander Kontakpersone



Die Ander Kontakpersone skerm kan gebruik word om ander kontakpersone te bestuur. Hierdie kan kontakpersone wees anders as ouers, personeel en leerders waarmee jy wil kommunikeer bv. Afrigters van sekere sportspanne of opvoeders wat help met buitemuurse klasse.  Daar sal 'n klein selfoon ikoon vertoon langs die naam van die Ander Kontakpersone wie reeds op d6 Connect geregistreer is.

Hoe om Ander Kontakpersone te laai

  1. Kliek op die “Voeg by” knoppie.
  2. Voltooi tenminste die volgende velde:  Titel, Naam, Van, Geslag, Korrespondensetaal, Selfoonnr en/of epos adres. 
  3. Die Verwysingsnommer dui die persoon se posisie by die skool aan. Bv. Hokkie Afrigter of in die geval van ‘n Krediteur kan dit sy rekening nommer wees. 
  4. Kliek op “Stoor” onderaan die bladsy.

Hoe om Ander Kontakpersone te redigeer

  1. Op die ander Kontakte bladsy sal jy die Kontakpersone wat jy gelaai het vind.
  2. Kliek op die kontak wat jy wil redigeer en kliek dan op “Verander” 
  3. Die profiel van die kontak sal oopmaak en jy kan die besonderhede verander.
  4. Kliek asseblief op “stoor” onderaan die bladsy.

Hoe om Ander Kontakpersone te Verwyder

  1. Op die ander Kontakte bladsy sal jy die Kontakpersone wat jy gelaai het vind.
  2. Kliek op die kontak wat jy wil verwyder en kliek dan op “Verwyder”.
  3. Kliek op die “Ok” knoppie.

Hoe om  Ander Kontakpersone uit te voer na Excel

  1. Hierdie opsie is net beskikbaar vir gebruikers met Excel Uitvoer-regte.
  2. Op die Ander Kontakte bladsy sal jy die kontakte vind wat jy bygevoeg het.
  3. Om die lys van Ander Kontakte uit te voer na Excel, kliek op die  “Voer uit” knoppie 

Hoe om Ander Kontakpersone in grootmaat in te voer vanaf Excel

Ander kontakte kan in grootmaat ingevoer word met die Excel-templaat wat afgelaai kan word in Ander kontakte of met 'n bestaande CSV-lêer wat van 'n ander stelsel soos Outlook of GMail Kontakte uitgevoer was.

Die personeel wie veronderstel is om d6 Connect te gebruik, moet bygevoeg word as Ander Kontakte om hulle in staat te stel om die inhoud op d6 Connect te sien. Dit kan grootliks met die templaat gedoen word.  Voer die personeelbesonderhede uit vanaf My skool > Personeel > Personeel: Kies "Meer besonderhede" > Excel.  Kopieer dan die nodige kolomme na die templaat.

Om ander kontakte met die invoer-templaat in te voer

  1. Op die Ander Kontakte skerm, klik op die "Voer in"-knoppie .
  2. Neem kennis van die instruksies wat die formaat voorskryf van die inligting wat voltooi moet word.
  3. Klik op die "Templaat" -skakel om 'n Excel-lêer met die naam "ImportExcelTemplate.xlsx" af te laai om grootmaat kontakte in te voer.
  4. Die eerste bladsy bevat 'n voorbeeldrekord om die vereiste formaat van die inskrywings te toon.
  5. Voer inligting op sie tweede balsdy, genoem Sheet 1"  vir al die ander kontakte wat ingevoer moet word.
  6. Moenie van die opskrifte op die templaat verander nie, aangesien dit gebruik word om die inhoud aan die ooreenstemmende veld in Ander Kontakte te koppel.
  7. Voer ten minste die volgende in: Titel, Naam, Van, Geslag, Korrespondensetaal, Selfoonnr en/of epos adres.
  8. Stoor die voltooide templaat met n naam wat u maklik sal kan opspoor.
Die formaat van die ingevoerde inligting is belangrik. Die verkeerde formaat sal verhoed dat die inligting ingevoer word.

Instruksies:

  1. Die entiteit-ID moet leeg wees om 'n nuwe kontak te skep. Indien dit ingevul word sal die bestaande kontak met daardie id opgedateer word. 
  2. Die landkode moet nie 'n + insluit nie, bv. 27 en nie +27 nie.
  3. 'n Komma-afgebakende lys van kanale kan ingesluit word om kanale in te trek / te skep / opdateer.
  4. Geboortedatum kan ingelees word as yyyy-mm-dd of yyyy/mm/dd.
  5. Die invoerlêer moet 'n kolom bevat vir e-posadres, selfoonnommer of beide
  6. ID Nommer moet 'n 13-syfer Suid-Afrikaanse ID Nommer wees.
  7. As geen Titel verskaf word nie, sal die stelsel by verstek “Mnr” gebruik.


Voer rekord-identifiseerder in

Dit is moontlik om rekords op te dateer deur nuwe inligting in die templaat in te voer. Bv As u die e-posadresse in grootmaat wil byvoeg of die Verwysings van verskillende kontakte tegelyk wil verander.

  1. Dui aan watter kolom gebruik moet word om rekords te identifiseer om dit op te dateer
(Die 'Entiteits-ID' verwys na 'n unieke nommer wat deur die stelsel toegeken word by die toevoeging van 'n nuwe kontak)

Ontkoppel bestaande kanale
Wil u bestaande ander kontakte van alle kanale verwyder voordat u dit weer invoer?
  1. Klik die merkblokkie aan om al die bestaande ander kontakte te verwyder voordat u die gekose sjabloonlêer invoer.
Maak rekords skoon
Dit is moontlik om al die bestaande ander kontakte uit te vee om 'n nuwe lys in te voer.
  1. Klik op die merkblokkie om al die ou onverwerkte en huidige ander kontakte uit te vee
Kies lêer (Choose File)
Kies die CSV- of Excel-templaat wat die inligting oor ander kontakte bevat wat in d6 + ingevoer moet word.
bv. ImportExcelTemplate.xlsx of Contacts.csv

As u ander kontakte met 'n bestaande CSV-lêer invoer,

Stel die veld skeidingskarakter
In 'n afgebakende lêer word die velde geskei deur 'n spesifieke karakter, gewoonlik 'n komma. Maar u kan 'n ander karakter gebruik as u dit verkies.
Voorbeeld van 'n CSV-rekord: Mnr,Jan,Botha,J,Jan ,,,,,,27,0714321234, test @ mail.co.za     of   Mnr;Jan;Botha;J;Jan ;;;;;;27;0714321234; test@mail.co.za
  1. Voer die karakter in wat die kolomme in u CSV-lêer skei (slegs een karakter)

Stel die veld omhulselkarakter
In 'n CSV-rekord, kan 'n kolominskrywing twee of meer woorde bevat, bv. van der Merwe. Die inskrywing kan dan met karakters omhul word om aan te dui dat dit as een item gesien moet word. Bv "van der Merwe" 
  1. Voer die karakter in wat die kolomme in u CSV-lêer omsluit (slegs een karakter)
Klik op die "Trek in" -knoppie wanneer al die nodige keuses gemaak word.
  1. U sal outomaties na die bladsy "Ander kontakte in die wagtou" verwys word.
  2. Die invoer-tou kan ook by My Skool > Ander kontakte > "Besigtig Invoer Wagtou" -knoppie besigtig word.


Besigtig Invoer Wagtou

As u ander kontakte invoer, kan dit ure duur, afhangende van die aantal kontakte wat ingevoer word. Op hierdie bladsy word verslag gedoen oor die vordering of foute wat opgetel is.

Daar is vier verskillende lyste: Onverwerk, Waglys, ingevoer, die invoerfout

Onverwerk
Die rekords wat nog nie verwerk (ingevoer) is nie, word hier gelys.
  1. Klik op "Verwerk wagtende" om al die rekords in die wagtou, wat geen foute bevat nie, in te voer.
  2. Klik op "Verwerk gekose" om spesifieke rekords in te voer deur die merkblokkie langs elke rekord te klik.
  3. Klik op "Verwyder alles" om al die onverwerkte rekords in die lys te verwyder.
  4. Klik op "Verwyder gekose" om spesifieke rekords te verwyder deur die merkblokkie langs elke rekord te klik.
  5. "Laai ongeldige af" sal 'n lys rekords uitvoer wat foute bevat wat weer reggestel en ingevoer kan word.
  6. "Excel" sal die lys van rekords op die huidige skerm na Excel uitvoer.
Waglys
Die rekords wat in die ry wag om te verwerk (ingevoer) word gelys.
  1. "Excel" sal die lys rekords in die waglys na Excel uitvoer.
Ingevoer
Die rekords wat op spesifieke datums ingevoer is, word gelys.
  1. Om die geskiedenis van hierdie voorheen ingevoerde rekords te verwyder, klik op "Verwyder Geskiedenis". Dit sal nie die huidige aktiewe rekords in Ander kontakte beïnvloed nie.
Invoerfout
Die rekords wat foute bevat en nie ingevoer is nie, word gelys
  1. Trek die kolomwydte van die 'Rede'-kolom groter om die foutboodskap te sien.
  2. Klik op "Verwyder Geskiedenis" om die geskiedenis van foute skoon te maak.
  3. Klik op "Excel" om die lys met foute na 'n Excel-lêer uit te voer waar dit reggestel kan word om weer in te voer.



Gereelde navrae

Hoe om Ander Kontakpersone uit te nooi deur die Uitrol Vrystelling stelsel te gebruik.

  1. Gaan na My Skool > Kommunikasie > d6 Connect Opstelling  
  2. Kliek op die “Opname” tab bo-aan die bladsy.
  3. Scroll af na die Uitrol Vrystelling Stelsel deel van die skerm.
  4. Wanneer jy die velde voltooi het en die “Aanvaar kostes” blokkie gekliek het en jy kliek op “Stel Bekend” sal die Ander Kontakpersone uitgenooi word tesame met die ouers.

Hoe om Ander Kontakpersone te gebruik in die Multi- Platform Kommunikasie  Funksie

  1. Gaan na My Skool > Kommunikasie > Multi- Platform Kommunikasie 
  2. Op hierdie bladsy sal jy Ander Kontakte kan kies as ‘n gehoor om jou boodskappe na te stuur:
  3. Van hier af kan jy die stappe volg om die boodskap te stuur.

Hoe om Ander Kontakpersone te gebruik in die Kommunikasie Kanale Knoppie.

  1. My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale > Eie Kanale tab
  2. Op hierdie bladsy sal jy ‘n kolom vind vir Ander Kanale.
  3. Jy kan die getal Ander Kontakte besigtig wat jy het per kanaal. 

Hoe om ‘n Direkte Boodskap te stuur na Ander Kontakpersone

  1. Gaan na My Skool > Kommunikasie > d6 Connect nuus-item
  2. Kliek op “Nuwe Boodskap” en kies tussen “Dieselfde Boodskap vir almal” of “ Volgens Voorkeurtaal”.
  3. Op die venstertjie wat oopmaak  vul die besonderhede in van die boodskap en kliek op die “Ontvangers” knoppie.
  4. In die volgende venstertjie wat oopmaak sal jy die opsie kry om of ‘n “Direkte Boodskap” of ‘n “Uitsaai Boodskap” te stuur.
  5. Kliek op die sirkeltjie langs “Direkte Boodskap”.
  6. Kliek in die “Vir” veld (waar jy die ontvanger van jou boodskap kies) kies “Ander Kontakte”. 
  7. Jy kan hier kies vir watter lede van die van jou Ander Kontakte of alle lede jy jou direkte boodskap wil stuur.
Hoekom wys die Ander Kontakpersone wat ek opgestel het nie in die linkerkantste blok as ek ‘n Direkte boodskap wil stuur nie?
         Die Ander Kontakte wat jy opgestel het, moet eers registreer op die Toepassing (App) voordat hulle sal wys in die kieslys.

Hoe kan ek al my Ander Kontakpersone in dieselfde Kanaal groepeer?
  1. Gaan na My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale
  2. Kliek op die “Eie kanale” tab
  3. Kliek op “ Skep Kanaal”           
  4. Stel die nuwe kanaal op en kliek op die “Ander Kontakpersone” blokkie.
  5. Die dubbel kieslys sal vertoon waar jy Ander Kontakpersone kan kies wie lede van hierdie kanaal moet wees.
  6. Kliek op “ Stoor” om die veranderinge te stoor.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Ander Debiteure

      Finansies > Ander Debiteure Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Ander Deiteure funksie stel 'n Skool instaat om fakturering te laat plaasvind vir ander debiteure en nie net vir Skool Debiteure nie. Fakture kan uitgereik word en ...
    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • BESTUUR KOMMUNIKASIEREGTE

      My Skool > Kommunikasie > Bestuur Kommunikasieregte Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Gebruik hierdie funksie om te bestuur wie toegang het tot spesifieke modules in d6 Connect. Hierdie regte verwys na hulpbronne, kalendergebeure en ...
    • Projek Detail

      Verslae > Finansies > Transaksies > Projek Detail Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n projek detail verslag te skep Kies of alle transaksies getoon moet word of slegs vir 'n periode Kies of die projek detail per transaksie, ...
    • Koshuise

      My Skool > Algemeen > Koshuise Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie funksie sal slegs beskikbaar wees vir skole wie aangedui het dat hulle Koshuise het by My Skool > Algemeen > Skoolopstelling > "Het u skool koshuise: Ja". ...