ASSESSERINGS

ASSESSERINGS

My Skool > Kurrikulum > Assesserings 

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Al die KABV kurrikulum assesserings is vooraf opgestel op die stelsel. Indien u ‘n openbare skool is in Suid-Afrika, sal alle Vakke, Leeruitkomste/Take/Komponente en Assesserings reeds beskikbaar wees op die stelsel (daar is geen rede om dit weer te skep nie). Met hierdie funksie kan assesserings bygevoeg word vir spesifieke Leeruitkomste/Take/Komponente van ‘n vak.

Die lys kan volgens die status vertoon word. Een of al hierdie statusse kan gekies word: Aktief, Onaktief en/of Verwyder.

BESIGTIG BESTAANDE ASSESSERINGS

  • Kies die kurrikulum.
  • Kies die graad.
  • Kies die vak.
  • Kies die leeruitkoms.
  • Die assesserings vir die keuses gemaak sal vertoon. 
  • Kliek op die "Voeg Nuwe by" Knoppie om ‘n nuwe assessering by te voeg.
  • Kies die kurrikulum.
  • Kies die graad.
  • Kies die vak.
  • Kies die leeruitkoms.
  • Kies die assesseringstipe by . Kies tussen SBA, Pat (Prakties), Eksamen of ANA.
    Nota: Maak seker die korrekte assesseringstipe word gekies aangesien die stelsel outomaties SBA vertoon.
  • Voeg die assesseringsnaam in beide Afrikaans en Engels.  
  • Voeg die sleutelwoord in beide Afrikaans en Engels. 
  • Kies of die assessering ‘n DOE assessering is. 
  • Voeg die ‘punt uit’ in by  vir die doel van puntestate.
  • Voeg die gewig wat die assessering gaan uitmaak vir die leeruitkomste.
  • Voeg die volgorde waarop die assessering op die rapport sal verskyn.
  • Voeg die DOE volgorde in by .
  • Kliek op die "Stoor"  knoppie om veranderinge te stoor.

Assesserings kan gewysig word deur te dubbel kliek op die assessering en veranderinge aan te bring soos benodig. Kliek op "Anvaar Veranderings" om veranderinge te stoor. Die nuwe assesserings is nou beskikbaar in die kurrikulum en die assessering sal nou gekoppel kan word aan die leeruitkomste.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • LEERPROGRAMME

      Daar moet vir elke graad, per kwartaal 'n leerprogram bestaan om gebruikers in staat te stel om die leerprogramme op te stel by My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling. Die bestaande lys leerprogramme kan volgens hul status gefiltreer word. ...
    • Vakkeuses

      My Skool > Kurrikulum > Vakkeuses Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  Hierdie funksie laat die gebruiker toe om vakke aan leerders toe te ken. Al die CAPS vakke, komponente en assesserings soos uiteengesit in die die CAPS dokument ...
    • PUNTE INSLEUTELREGTE

      My Skool > Kurrikulum > Insleutelregte  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.   Hierdie funksie beheer die punte insleutelregte. Dit kan per personeellid of vir spesifieke vakke en vakgroepe opgestel word.  Wie kan insleutelregte toeken? ...
    • VAKGROEPE

      My Skool > Kurrikulum > Vakgroepe Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel ‘n Vakgroep is die term wat ons gebruik om leerders wat verskillende vakke saam het, te groepeer. Dit is dus nie vir registerklas doeleindes nie, maar vir ...