BESTUUR KOMMUNIKASIEREGTE

BESTUUR KOMMUNIKASIEREGTE

My Skool > Kommunikasie > Bestuur Kommunikasieregte


Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

Gebruik hierdie funksie om te bestuur wie toegang het tot spesifieke modules in d6 Connect. Hierdie regte verwys na hulpbronne, kalendergebeure en huiswerk, maar beperk nie gebruikers om d6 Connect-boodskappe (Nuus-items) te stuur nie.

Die Programregte-Administrateur (Superuser) kan kommunikasieregte aan personeellede toeken. Nadat 'n personeellid as Kommunikasie-Administrateur aangestel is, kan hy/sy ook Kommunikasieregte aan ander personeellede toeken.

  • Kliek My Skool > Personeel > Personeel.

  • Redigeer die profiel van die relevante personeellid.

  • Kommunikasie regte inligting: Kies relevante kommunikasie rolle soos hieronder verduidelik.

  • Kies ‘Ja’ byMag d6 Connect en d6 gebruik’. Hierdie sal die gebruiker toelaat om nuus-items te stuur en ander spesifieke funksies te gebruik.

  • Program regte inligting: Kies 'besigtig en wysig' vir Bestuur kommunikasiekanale en  kommunikasiekategorie? en ‘Bestuur kontakpersone’.


Indien 'n persoon "Besigtig en Wysig" regte het by "1.1.1 Bestuur kommunikasiekanale en kommunikasiekategorie?", sal 'Administrateur' Kommunikasieregte outmaties toegeken word.

BELANGRIK:  Indien 'n gebruiker regte ontvang om Huiswerk vir 'n vakgroep te mag laai, ontvang die persoon outomaties Punte inleesregte vir dieselfde vakgroep. Daarom, indien 'n personeellid nie punte vir hierdie vakgroep mag inlees nie, verwyder die vakgroep by My Skool > Kurrikulum > Punte Inleesregte.


Administrateur Rol:
  1. Administrateurs is die enigste rol, buiten die programregte-administrateur (Superuser), wat 'n rol aan ander personeellede kan toeken.
  2. Administrateurs en Moderators het toegang tot alle Bronne, alle Kalenders en gebeure en alle Huiswerk Vakgroepe.

Administrateur take:

  • Gebruikerstatus: nadat 'Aktief' gekies is, kan die gebruikersnaam en wagwoord opgestel word per gebruiker.

  • Indien die gebruiker se selfoon nommer en/of e-pos adres ingevoer was, kan die inteken besonderhede via sms of e-pos gestuur word.

  • Kies die gebruikerstaal vir elke gebruiker. Die gebruiker sal self later sy/haar gebruikerstaal kan verander.

  • Ken 'n kommunikasie rol aan die gebruiker toe. Kies tussen een van vier rolle: Outeur, Redakteur, Moderator en Administrateur.

    • 'n Administrateur kan alle aksies op die stelsel uitvoer (behalwe vir die allokering van stelsel toegang, wat die alleen verantwoordelikheid van die Superuser is).  

    • 'n Moderator kan alles doen wat 'n administrateur kan doen, behalwe dat hy/sy nie gebruikers of rolle kan bestuur of kanale of kalenders kan byvoeg nie.

    • Redakteurs kan sy/haar eie inhoud skep, redigeer en publiseer in die vorm van bronne en kalendergebeure.

    • Outeure is in staat om inhoud (bronne en kalendergebeure) te skep, maar kan nie sulke inhoud publiseer nie.

  • Ongepubliseerde inhoud (geskep deur ander gebruikers) kan slegs deur moderators en administrateurs gepubliseer word.

  • Raadpleeg die onderstaande tabel vir 'n volledige uiteensetting van hierdie toegangsregte:


U kan verskillende moderators hê vir verskillende inhoud: voorbeeld - een personeellid kan die moderator van Hulpbronne wees, en 'n ander van Kalendergebeure en 'n ander van Huiswerk.
Moderators kan opvoeders toewys aan kalenders en kommunikasiekanale, maar nie rolle toepas nie.

Vermoëns is as volg:



  • Dui die gebruikersregte per gebruiker aan vir kommunikasie en programinligting. Hou die volgende in gedagte:

    • Mag SMS-funksie gebruik: die gebruiker kan sms-boodskappe stuur aan enige gebruikers of eindgebruikers. 'N SMS wat vanaf die stelsel gestuur word, word per deel (160 karakters) gehef. U ontvang 'n faktuur aan die einde van elke maand.

    • Mag e-pos funksie gebruik: die gebruiker kan e-posse vanaf die d6 Plus stelsel stuur.

    • Mag d6 Connect en d6 gebruik: laat die gebruiker toe om boodskappe na die eindgebruikers te stuur via d6 connect.

    • Excel uitvoer: laat die gebruiker toe om data na Excel uit te voer.

    • Organisasie/d6 Opstelling: laat die gebruiker toe om Organisasie besonderhede te besigtig en/of te redigeer.

    • Kommunikasie kanale en kategorieë: laat die gebruiker toe om kommunikasie kanale en kategorieë te besigtig en/of te redigeer.

    • Bestuur kontakpersone: laat die gebruiker toe om besonderhede van ander kontakpersone te besigtig en/of te redigeer.

    • Gebruiker administrasie: laat die gebruiker toe om gebruiker administrasie te besigtig en/of te redigeer.

  • Kliek op die "Stoor" knoppie om die profiel te stoor.

  • Neem kennis dat wanneer die Excel export opsie toegeken word, oorskryf dit die oorspronklike Bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms tussen d6 Education en die skool, met die oog daarop dat d6 Education nie meer aanspreeklik gehou kan word vir die bewaring van die data van u organisasie nie.


BESTUUR KOMMUNIKASIE TOEGANGSREGTE


          

  • Kliek op die af-pyltjie en kies die relevante personeellid se naam.

  • Kliek in die relevante blokkie/s vir die direkte boodskap opsies.

  • Kliek op ‘Kanaal boodskap opsies’.


          

  • Kies die Kommunikasie rol deur op die af-pyltjie te kliek.

  • Indien u ‘Administrateur’ gekies het, sal alle inhoud blokkies outomaties gemerk wees. Hierdie gebruiker sal toegang hê tot alle kanale (bronne), huiswerk en kalenders.

  • Indien u ‘Outeur’, ‘Redakteur’ of ‘Moderator’ gekies het, sal die skerm verander en sal u moet kies vir watter inhoud die gebruiker toegeken moet word.


Hulpbronne:

Koppel aan relevante kanale en/of merk die blok vir alle kanale.


Huiswerk:

Koppel aan relevante grade, leerprogramme en vakke.

Neem kennis dat alreeds-toegekende punte inleesregte outomaties gekoppel word.


Kalenders:

Koppel aan relevante kalenders en/of merk die blok vir ander kalenders.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.


    • Related Articles

    • Bestuur Betalingsreëlings

      Hier sal jy al jou betalings reëlings kan besigtig en bestuur. Daar is ook seker sms'e wat hiervan af gestuur kan word. Kies die datum van die reëlings wat jy wil besigtig. In die "nagekom" kolom kan jy aandui of die betaling nagekom of gedeeltelik ...
    • Bestuur Ingevoerde Bates

      Hoe om ingevoerde bates se beskrywing te wysig Kies die eienaar van die bate by "Eienaar" Kies die area van die bate by "Area" Om die batelys te filtreer, kan jy die bate beskrywing in die Soek veld intik en dan kliek op die "soek" knoppie. Kliek op ...
    • Verskaffers

      Hoe om bate verskaffers te besigtig en te wysig Om 'n inskrywing by te voeg, kliek op die "voeg by" knoppie Sleutel die naam van die verskaffer in Kliek op die "stoor" knoppie om die verskaffer by te voeg Om 'n inskrywing te wysig, kliek op die ...
    • Koppel Ingevoerde Velde

      Met hierdie funksie kan die gebruiker die ingevoerde bate velde koppel. Dit sluit in die eienaars, toesighouers, areas, toestande, maateenhede, kategorieë, befondsing bronne en verskaffers. Alle velde wat ooreenstem met stelselvelde sal outomaties ...
    • Intrek Van Bates

      Met hierdie funksie kan die gebruiker bates vanaf ‘n Excel spreiblad in die stelsel intrek. Maak asseblief seker dat wanneer jy die Excel spreiblad weer inlees, dat jy nie dieselfde bate hoeveelhede inlees dat dit die totale vermeerder nie. Lees jou ...